Topmatrieks: Adriaan wil keuses oop hou

Adriaan Rothmann

Adriaan Rothmann

Hy is geseënd met ’n talent om op sy voete te dink en te redeneer en daarom gaan Adriaan Rothmann van die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria vanjaar BRek LLB aan die Universiteit Stellenbosch studeer.

Dié slimkop het agt onderskeidings in die matriekeindeksamen gekry. Hy het A’s gekry in Afrikaans, Engels, wiskunde, fisiese wetenskappe, geskiedenis, inligtingstegnologie, rekeningkunde en lewensoriëntering.

Hy het op sy studierigting besluit om sy opsies oop te hou. Hy was nog altyd goed in rekeningkunde, maar met ’n agtergrond in redenaars en ’n ma wat self prokureur is, oorweeg hy ook ’n loopbaan in die regte.

Adriaan het op skool aan rugby, debat en atletiek (800 m) deelgeneem. Sy ander belangstellings is staptogte in die natuur omdat hy en sy vriende baie fiks is. Hy lees ook graag en hou van die skrywer John Griffen se werk en ander fiksie.

Adriaan beskou homself as iemand wat baie mooi dink voor hy enigiets doen. Hy is egter ook iemand met veggees wat nie vir enigiets terugstaan nie.

As ek eendag 70 is, wil ek oor niks spyt wees nie.

Hy skryf sy eie sukses toe aan ure en ure se harde werk, laat nagte, vroeë oggende en min slaap.

Sy pa, Johann, ’n bourekenaar, en sy ma, Lezelle, ’n prokureur, is sy rolmodelle omdat hulle nog altyd vir hom ’n baie goeie voorbeeld gestel het.

Adriaan het ’n tweelingbroer, Sebastiaan, wat ook vanjaar in Affies was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.