Topmatrieks: Fokus en harde werk het dit vir Cecile gedoen

Cecile Mans

Cecile Mans

Cecile Mans van Hoërskool Sasolburg in die Vrystaat spog met sewe onderskeidings.

Sy het onderskeidings in Afrikaans, Engels, wiskunde, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe, rekeningkunde en rekenaartoepassingstegnologie.

Cecile gaan vanjaar geoktrooieerde- en forensiese rekenmeesterskap aan die Noordwes-Universiteit (Pukke) studeer.

“Ek gaan met die hulp van ʼn Sasol-beurs studeer. Nadat ek my studies voltooi het, hoop ek om vir KPMG of Sasol te werk. My liefde vir rekeningkunde het my aangemoedig om in hierdie rigting te spesialiseer.”

Cecile vertel dat sy baie dankbaar is dat haar pa, Andries, haar met skoolvakke soos wiskunde en wetenskap kon help. Haar pa is ʼn chemiese ingenieur.

Cecile was een van haar skool se toptien-presteerders en het ‘n gemiddeld van 90% gehandhaaf. Sy was op haar skool se verteenwoordigende leerlingraad en het van 2012 af vir die eerste tennisspan gespeel.

“My rolmodel is die tennisspeler Roger Federer. Hy inspireer my omdat hy altyd nederig bly. Hy gee erkenning aan sy teenstanders en is ook ʼn goeie verloorder.”

Cecile se resep vir sukses is:

Om te fokus en hard te werk. Maar dit is ook belangrik om jou met mense te omring wat jou motiveer. Ek hou baie daarvan om tyd saam met familie en vriende deur te bring en streef daarna om in my woorde en dade te wys dat ek ‘n kind van God is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.