Topmatrieks: Lugvaartbedryf roep Robert

Robert Burr Dixon

Robert Burr Dixon

Robert Burr Dixon van die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria spog met sewe A’s.

Hy het onderskeidings behaal in Afrikaans, wiskunde, fisiese wetenskappe, musiek, inligtingstegnologie, rekeningkunde en lewensoriëntering.

Hy beplan om vanjaar meganiese ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria (UP) te studeer.

Hy het op dié loopbaan besluit omdat hy ’n inherente liefde vir motors, ratte, enjins en vliegtuie het. “Dit het my van kleins af gefassineer en ek sal baie daarvan hou om eendag ’n verskil in die lugvaartbedryf te maak.”

Robert beskou homself as iemand wat die lewe baie maklik vat.

Ek steur my glad nie aan goed wat buite my beheer is nie. Dis hoekom ek glo dit help nie om te stres nie en dat dinge sal uitwerk soos dit moet. Ek is baie rustig. Ek worry eintlik oor niks.

Robert het nie net op akademiese gebied uitgeblink nie. Hy het ook koor gesing en was deel van die sanggroep A-minere en die Swing Ensemble, ’n groep van twintig van die skool se beste instrumentaliste.

Robert speel die saksofoon. Hy hou ook van lees en rekenaarspeletjies.

Die hoogtepunte in sy skoolloopbaan was toe hy in 2012 saam met die skoolkoor na Engeland, Skotland, Wallis en Ierland gereis het. In 2014 is hy saam met die UP-jeugkoor na Oostenryk en Letland.

Robert skryf sy sukses toe aan sy vermoë om die belangrikste goed eerste te doen en te prioritiseer. “My ma, Hannelie, het natuurlik ook ’n rol gespeel omdat sy my op koers hou.”

Robert het nog twee broers, Matt en Ian, en ’n suster, Surienne.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.