Topmatrieks: Michelle wil besoedeling keer

Michelle du Plessis

Michelle du Plessis

Michelle du Plessis van die Hoërskool Waterkloof in Pretoria het sewe onderskeidings in die matriekeindeksamen behaal.

Michelle spog met onderskeidings in Afrikaans, wiskunde, fisiese wetenskappe, geografie, geskiedenis, rekeningkunde en lewensoriëntering.

Volgens Michelle is dit belangrik dat grond en water beskerm word teen besoedeling en daarom gaan sy vanjaar aan die Universiteit van Pretoria BSc geologie studeer. “Dit is ʼn baie breë veld, maar ek wil graag leer hoe om myne te bestuur sodat besoedeling bekamp kan word.”

Michelle was van gr.8 tot gr.12 ʼn toppresteerder. Sy het ook aan die Wêreldkennis-olimpiade deelgeneem en erekleure vir akademie ontvang. Haar gunstelingvakke was wetenskap en geologie. “Die manier waarop hierdie onderwysers hul klasse aangebied het, het dit vir my interessant gehou.”

Michelle het ook ʼn groot liefde vir kontemporêre kuns en het as agtjarige begin teken. “Ek het aan ‘n klomp kompetisies deelgeneem, maar het kuns net vir die lekker gedoen. Ek het dit veral geniet omdat jy deur kuns enigiets kan gebruik om die siel van die mens uit te beeld.”

Haar oupa, dr. Klasie Heystek, is vir haar ʼn rolmodel. “Hy het soveel wysheid en kennis, maak nie saak wat die vraag is nie, hy het altyd die regte antwoord. Ek is baie lief vir hom.”

Selfmotivering en harde werk is die resep vir sukses.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.