Topmatrieks: ʼn String A’s vir Marinette

Marinette Greyling

Marinette Greyling

Marinette Greyling van die Hoërskool Waterkloof in Pretoria het haar skoolloopbaan op ʼn hoë noot geëindig.

Sy het sewe onderskeidings in die matriekeindeksamen behaal. Sy het A’s in Afrikaans, wiskunde, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe, musiek, rekeningkunde en lewensoriëntering behaal.

Marinette speel van sesjarige ouderdom af klavier en het haar gr.7-klaviereksamen met lof geslaag asook gr.5 in musiekteorie.

Marinette gaan vanjaar arbeidsterapie aan die Universiteit van die Vrystaat studeer. Haar ma, Marié, is ʼn arbeidsterapeut. “My ma se passie het my geïnspireer. Sy is my rolmodel.”

Wetenskap, biologie en wiskunde was Marinette se gunstelingvakke. Sy het veral biologie geniet. “Mens leer alles van die liggaam en in wetenskap word jy gewys hoe alles inmekaar pas.” Sy skerts dat sy nie baie goed was in wetenskap nie maar dat haar juffrou die belangstelling in haar aangewakker het.

Marinette was op haar skool se leerlingraad en kaptein van die tweede hokkiespan. Sy was toptien en het jaarliks erekleure in akademie ontvang.

Haar raad aan toekomstige matrieks is om hard te werk. “Dit is al resep wat werk. Ek het nie ʼn buitegewone intelligensie nie, maar deur harde werk kon ek presteer.”

Moenie die lewe te ernstig opneem nie, want jy gaan nooit lewendig daar uitkom nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.