Topmatrieks: Ná sukses wil sy sakevrou word

Chantelle Pretorius

Chantelle Pretorius

Chantelle Pretorius van die Hoërskool Waterkloof in Pretoria het agt onderskeidings in die matriekeindeksamen behaal.

Chantelle het onderskeidings in Afrikaans, Engels, besigheidstudies, gasvryheidstudies, wiskunde, fisiese wetenskappe, rekeningkunde en lewensoriëntering behaal.

Sy gaan vanjaar BCom Beleggingsbestuur aan die Universiteit van Pretoria studeer en gaan by Madelief-dameskoshuis tuisgaan. “Ek sal graag eendag my eie besigheid wil begin as ʼn finansiële adviseur,” het sy gesê.

Chantelle doen van gr. 8 af moderne danse en hip-hop. Sy was op haar skool se leerlingraad en het aan Mnr. en Mej. Waterkloof deelgeneem. Chantelle het erekleure in akademie ontvang en was toptien in haar klas.

Haar gunstelingvakke was wiskunde, wetenskap en rekeningkunde. “Ek het die verstaanvakke baie geniet. Gasvryheidstudies was ook ʼn lekker uitdaging omdat dit ʼn praktiese vak is.”

Chantelle skryf haar akademiese prestasies aan haar ouers se deurlopende ondersteuning toe. “Ek stres maklik en plaas baie druk op myself. My ma, Helga, het dikwels vroegoggend saam met my opgestaan en my gemotiveer.”

Chantelle glo dat daar ʼn goeie balans moet wees tussen akademiese verpligtinge en ʼn sosiale lewe.

Wanneer jy werk, werk jy hard, maar mens moet ook jou lewe geniet en nie net altyd leer nie.

Haar raad aan ander gr.12’s: “Hoe eet mens ʼn olifant? Happie vir happie. Dit is die woorde wat my altyd gehelp het om deur te druk, veral wanneer ek dink die werk is hopeloos te veel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.