Topmatrieks: Olivia wil mense help

Olivia de Kock

Olivia de Kock

“Jy sal nooit ʼn leeu wees as jy soos ʼn skaap dink nie. Wees anders as almal.” Dit is die raad wat Olivia De Kock van die Hoërskool Waterkloof in Pretoria gevolg het.

Sy het sewe onderskeidings in die matriekeindeksamen behaal. Sy spog met onderskeidings in Afrikaans, dramatiese kunste, geografie, wiskunde, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe en lewensoriëntering.

Olivia wil graag vanjaar medies aan die Universiteit van die Vrystaat of Wits gaan studeer. “Ek hou duime vas, als hang van finale keuring af. Anders gaan ek BCH biologiese wetenskappe studeer.”

“Ek het by ʼn hospitaal uitgehelp om seker te maak dit is wat ek wil doen. Ek het dit vreeslik geniet om mense te help.”

Haar ma, Elsabé, is ʼn kliniese navorser en haar rolmodel. “Sy werk baie hard en sy is altyd besig. My ma inspireer my en het ʼn groot invloed op my keuse vir medies gehad.”

Volgens Olivia het sy in gr.10 akademies begin presteer en tot in gr. 12 erekleure vir akademie behaal. Sy het vakprestasie vir drama en lewensoriëntering gekry.

Olivia was op die leerlingraad en ʼn joernalis by die skoolkoerant. Sy het ook aan drama en redenaarskompetisies deelgeneem.

Sy sal veral haar onderwysers onthou wat haar ondersteun het en altyd bereid was om die ekstra myl te loop.

Sy skryf haar akademiese sukses toe aan die feit dat sy soveel motivering van haar ouers ontvang het. “Hulle het my van kleins af geleer dat ek my doelwitte kan bereik.”

Olivia se raad aan matrieks is:

Glo in jouself. As jy glo dat jy suksesvol kan wees, sal dit maklik bekombaar wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.