Topmatrieks: Sakewêreld wink vir slimkop

Julia Alsemgeest

Julia Alsemgeest

Julia Alsemgeest van die Hoërskool Pietersburg in Polokwane het ʼn passie vir syfers en gaan vanjaar BSc aktuariële wetenskappe aan die Universiteit van Pretoria studeer.

Die slimkop het sewe onderskeidings in die matriekeindeksamen behaal. Sy het A’s in Afrikaans, Engels, wiskunde, fisiese wetenskappe, rekeningkunde, ekonomie en lewensoriëntering gekry.

“Ek het ʼn passie vir wiskunde. My ma, Elna, hou ook baie van wiskunde en sy het die belangstelling by my wakker gemaak. Ek sal graag in die sakewêreld wil werk en nuwe uitdagings oor wiskunde wil leer.”

Julia het ekonomie ook baie geniet. “Die vak het my baie gehelp om die wêreld daarbuite beter te verstaan. Dit gee mens ʼn goeie uitkyk op die sakewêreld.”

Sy was op haar skool se leerlingsraad en het aan die revue deelgeneem. Julia was onder die top tien akademiese presteerders en het erekleure in akademie ontvang.

Haar ma is haar rolmodel. “Sy het baie geduld en sit passie in alles wat sy doen. Sy is ʼn menslike hulpbronbeampte.”

Julia sal haar vriende en goeie onderwysers onthou. “Ons onderwysers het passie gehad en het ons mooi gehelp.”

Haar raad aan ander leerlinge is:

Doen dit waarvoor jy ʼn passie het. Bid en glo dat alles sal uitwerk soos dit moet. Deursettingsvermoë en harde werk sal jou laat presteer.

Julia hou ook van dans en fotografie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.