Topmatrieks: Slimkop Johan wil in SA bly

Johan de Bruin

Johan de Bruin

Doen alles en maak of jy mal is.

Dit is volgens Johan de Bruin, uitblinker van die Hoërskool Garsfontein in Pretoria, die beste raad wat hy nog gekry het.

Johan het sewe onderskeidings behaal. Sy A’s is in Afrikaans, wiskunde, fisiese wetenskappe, geskiedenis, rekeningkunde, lewenswetenskappe en lewensoriëntering. Hy het ook Alpha-wiskunde gehad, wat sy gunstelingvak was.

In sy vrye tyd speel hy rekenaarspeletjies of skaak. Hy was lid van die skool se A-skaakspan en het ook ’n Presidentsverkenner van die Voortrekkers geword.

Johan gaan vanjaar chemiese ingenieurswese by Tukkies studeer.

Hy gaan nie in ’n koshuis bly nie en uit die huis studeer omdat dit net makliker gaan wees om te kan leer.

Hy sien baie na sy studies uit omdat dit iets is waarin hy belangstel en wat hom uitdaag.

Johan meen die geheim om akademies goed te presteer, is om in die klas op te let. “En moenie goed leer wat jy reeds weet nie.”

Johan wil graag eendag suksesvol in sy beroep wees. Hy hou van Suid-Afrika en beplan nie om oorsee te gaan nie.

Johan is die seun van Danie, ’n tegnikus van huishoudelike toerusting. Hy het nog ’n sussie, Annelie, wat vanjaar in gr.11 is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.