Topmatrieks: Slimkop wil met kinders werk

Hugo de Villiers

Hugo de Villiers

Sy rolmodel is die sangeres Beyoncé, want al was sy nie die eerste keer suksesvol in wat sy aangepak het nie, het sy nooit opgegee nie.

Só sê Hugo de Villiers van die Hoërskool Hugenote in Springs aan die Oos-Rand. Hugo het onderskeidings in agt van sy nege vakke behaal. Hy het A’s in Afrikaans, Engels, wiskunde, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe, geografie, rekenaartoepassingstegnologie en lewensoriëntering.

Hy is op die waglys om medies aan die Universiteit van Pretoria (UP) of Wits te gaan studeer. Hugo droom daarvan om eendag ’n pediatriese neuroloog te word.

“Ek het hierop besluit omdat lewenswetenskappe my nog altyd gefassineer het en ek wou nog altyd met kinders werk. Ek dink dit sal ’n goeie kombinasie wees.”

Volgens Hugo het hy op skool aan omtrent alles behalwe sport deelgeneem. Hy het darem bietjie hokkie probeer speel. Sy belangstellings is musiek (klavier speel), lees, toneel en om ander mense te help en nuwe plekke te sien. Hy het ook aan redenaarskompetisies en debatte deelgeneem.

Hugo se raad vir voornemende matrikulante is om van dag een af reeds te begin werk. “Matriek het hope werk en jy moet van die begin af positief ingestel wees om elke dag te werk en elke dag hersiening te doen.”

Hugo se leuse in die lewe is om sy drome na te jaag.

My drome motiveer my en ek wil graag eendag gelukkig wees in alles wat ek doen.

Hy het ’n jonger broer, Eric (gr.10). Sy ouers is Louis, ’n vervaardigingsbestuurder en Dirkie, ’n opvoedkundige sielkundige.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.