Topmatrieks: Voluit of niks vir Wihan

Wihan van Zyl

Wihan van Zyl

As daar nou een ding is waarvoor ’n mens bang moet wees, is dit middelmatigheid.

Só meen Wihan van Zyl van die Hoërskool Eldoraigne in Centurion. Hy spog met nie minder nie as agt A’s.

Hy het onderskeidings behaal in Afrikaans, Engels, wiskunde, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe, dramatiese kunste, rekeningkunde en lewensoriëntering.

Wihan gaan vanjaar aktuariële wetenskap aan die Noordwes-Universiteit studeer.

Hy skryf sy sukses aan harde werk en geluk toe. Sy stokperdjies is drama, toneel, koor en skryf. Hy was in 2012, 2013 en verlede jaar kultuurseun van die jaar by sy skool. Hy was ook die redakteur van die skoolkoerant, Eldo-in-druk.

Wihan sê hy pak alles in sy lewe voluit aan of hy doen iets glad nie. Hy is ook nie op sy mond geval nie en beskou homself as iemand wat gedurig verander.

Sy ouers is Kobus, ’n IT-spesialis, en Christelle, ’n tuisteskepper. Hy het ook ’n suster, Anchen, wat nog op skool is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.