Toppresteerder in matriek? Kom spog bietjie op Maroela

matrieks_03.jpg

Foto: pixabay.com

Jy het hard gewerk en hard geleer – en jy verwag om aan die einde van jou matriekjaar die vrugte daarvan te pluk! Maroela Media wil graag aan al die Afrikaanssprekende toppresteerders erkenning gee.

As jy verwag om agt of meer onderskeidings te verwerf, nooi ons jou om aan dié projek deel te neem. Ons wil ook graag erkenning gee aan kandidate wat ondanks moeilike omstandighede en terugslae goed presteer het. Kandidate wat op sport- en kultuurgebied uitsonderlik presteer het, kan ook van hulle laat hoor.

Sodra die matriekuitslae bekend gemaak is, wil Maroela Media graag vir die res van die land wys hoe die uitblinkers agter die boeke lyk!

Stuur vir ons die skakel na jou video, nie langer as twee minute nie, sodat ons dit aanlyn kan publiseer om seker te maak almal deel in jou prestasie.

Jou video moet die volgende insluit:

  • wys vir ons hoe lyk jou tafel/bed waar jy studeer;
  • wys vir ons jou kamer (is jy netjies of slordig?);
  • gesels oor die struikelblokke wat gemaak het dat jy sukkel om te fokus (byvoorbeeld honde wat blaf of jonger boeties/sussies wat in die huis raas);
  • wys vir ons die een persoon wat jou geïnspireer het tydens jou eksamen (ʼn onderwyser/familielid);
  • gesels vinnig oor jou planne vir 2019.

LET WEL: Alhoewel jy nog besig is met jou eksamen, moet die inhoud van jou video van só aard wees asof jy reeds klaar is met die eksamen, aangesien die video’s van die toppresteerders eers ná die bekendmaking van die uitslae gepubliseer gaan word.

Laai die video op jou YouTube-kanaal en deel dan die skakel in die blokkie op die onderstaande vorm.

As jy ten spyte van struikelblokke en storms in jou matriekjaar na verwagting die wenpaal gaan haal, wil ons ook graag van jou hoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.