Ruan en Suné Breed, ʼn tweeling wat in 2015 onderskeidelik hoofseun en –meisie van die Hoërskool Ben Viljoen in Groblersdal was, het ʼn rits onderskeidings ingeryg.
Die tweeling het saam 11 onderskeidings ingepalm. Ruan het vier A’s vir Afrikaans, Engels, lewensoriëntering en besigheidstudies, terwyl Suné sewe A’s vir Afrikaans, Engels, wiskunde, lewenswetenskappe, fisiese wetenskappe, geskiedenis en lewensoriëntering, agter haar naam kan skryf.
Beide gaan vanjaar aan die Universiteit van Pretoria studeer. Ruan gaan BCom-landbou-ekonomie aanpak terwyl Suné BSc-biologiese wetenskappe gaan studeer. “Aangesien ons albei Tuks toe gaan, sal ek darem my suster soms sien,” het Ruan geskerts.
Suné het giggelend bygevoeg “ek hoop om oor 15 jaar ʼn goeie werk te hê, maar nog nie getroud te wees nie”.
Ruan wil graag in pa Japie se voetspore volg deur ʼn boer te word. “Ek dink my graad sal my ʼn goeie sake-agtergrond gee.” Ma Geraldene het gesê sy en Japie gaan die kinders mis noudat hulle uit die nes is.
Volgens Tiaan Joubert, die skool se bemarker en skakelbeampte, het Ben Viljoen se matrieks van 2015 ʼn slaagsyfer van 99,3% behaal met ʼn totaal van 144 onderskeidings. “71,3% van die matrieks wat geslaag het, het universiteitstoelating. Ben Viljoen is eerste in Limpopo wat betref die aantal leerlinge wat matriek slaag met universiteitstoelating, Hoërskool Ben Vorster is tweede en Hoërskool Pietersburg is derde.”
Baie geluk!
Trots op julle!!
Kyk goed na julle-self, julle sal die vrugte van sukses pluk.
Met sulke jeug kan ons n volk bou.
Baie geluk.
Pragtige kinders en HBV beslis die beste skool in Limpopo !
Pragtige 2 mense ! HBV beslis beste skool in Limpopo !