Veelsydige Liandri wil ʼn chirurg word

Liandri laaiLiandri van Zyl van Hoërskool Diamantveld in Kimberley het agt onderskeidings ingepalm in matriek.

Sy het sukses behaal in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, Duits, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe en rekeningkunde.

Sy gaan medies studeer aan die Universiteit van die Vrystaat en hoop om eendag ʼn chirurg te word.

Liandri beskou haarself as ʼn optimistiese persoon en glo dat harde werk die resep vir sukses is. “Ek is ʼn hardwerkende mens wat voluit glo in my drome.” Sy beskou haar pa, Hannes, as haar rolmodel “omdat hy baie hard werk en altyd bereid is om ander te help”.

Liandri is ʼn ywerige redenaar en het in matriek vierde plek behaal in ʼn provinsiale redenaarskompetisie. Hoewel sy hou van toneelspel en hokkie, is perdry haar groot liefde.

Haar lewensmotto is:

“Om te lewe is ʼn voorreg, daarom moet ʼn mens voluit lewe.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.