Video: Nuwe rekenaarlokale vir ‘n behoeftige Afrikaanse skool – help ons!

Besoek die winkel

Maroela Media en Solidariteit se Kommunikasie-afdeling het homself verbind om binne die volgende twee weke vir die twee rekenaarlokale van die Hoërskool Hercules in Pretoria-Wes ʼn splinternuwe baadjie aan te trek, met nuwe rekenaars, nuwe vloere, en herstelde plafonne. Lees meer oor hoekom dié trotse, maar behoeftige skool ons hulp verdien, en hoe jy kan betrokke raak! Kontak [email protected] vir meer inligting, of lees meer oor die projek onder die video.

Die Hoërskool Hercules in Pretoria laat ʼn mens se hart warm klop. Die mooi ou siersteengeboue huisves die oudste Afrikaanse hoërskool in Pretoria, en die skool spog al vir tien jaar met ʼn slaagsyfer van tussen 90 en 100%. Die leerlinge is vriendelik en beleefd; die onderwysers en skoolhoof se geselsies getuig van ʼn passie vir onderwys en vir die kinders van dié skool.

Wat die skool anders maak, is die omstandighede wat talle van die leerlinge elke dag te bowe kom.

Van die sowat 480 kinders in die skool kom sowat 120 uit gesinne wat ʼn inkomste van R1 000 en minder per maand verdien; 40 gesinne verdien geen inkomste nie. Talle kinders word deur die skool se broodjie-projek gevoed; en kinders word soms flou in die klas omdat hulle ʼn week laas geëet het.

Tweederdes van die leerlinge kan nie die skoolfonds van R500 per maand betaal nie, terwyl die Departement van Onderwys reken die skool se uitstekende slaagsyfer is té goed om gesubsidieerde handboeke en ander hulp te regverdig.
Dwarsdeur die skool is tekens van verval en armoede sigbaar – die skool het eenvoudig nie die nodige finansies om instandhoudings- en opknapwerk te doen nie.

Die Solidariteit Beweging vier vanjaar sy 110de bestaansjaar met die projek 110 Doen Goed-projekte. Enige instansie of individu kan ʼn projek registreer om deel van dié inisiatief te vorm. ʼn Paar van die instansies en afdelings binne die Solidariteit Beweging het besluit om die Hoërskool Hercules van bo na onder op te knap sodat die leerervaring van nuuts af vir dié moedige leerlinge en trotse onderwysers ʼn opwindende ervaring kan word. Die video hier bo vertel meer oor die projek.

Maroela Media, Solidariteit Kommunikasie en die rekenaarlokale

Maroela Media en die Solidariteit Beweging se Kommunikasie-afdeling het besluit om saam vir die skool twee splinternuwe rekenaarlokale in te rig. Die taak is groot: Die leerders werk op stokou rekenaars wat gereeld breek, en waarvoor onderdele nie meer beskikbaar is nie. Beide lokale se matte en teëls moet dringend vervang word en stukkende plafonne moet herstel word om die hoeveelheid stof in die lokale te beperk. Die meubels is ontoereikend, en in een van die lokale dien wit velle papier wat teen die muur geplak is as projektorskerm.

Die taak is groot en die tyd is min: Die nuwe lokale word op 22 Junie aan die skool oorhandig. Maar as jy ons help, kan ons dit regkry!

Laai af

Hoe kan jy help?

[wptabs style=”wpui-quark”]

[wptabtitle]1. Bied dienste aan[/wptabtitle]

[wptabcontent]Ons het die hulp van professionele mense nodig om ʼn aantal dienste in die lokale te verrig. As jy bereid is om jou dienste gratis aan te bied, kontak ons. Ons het die volgende dienste nodig:

  • Elektrisiën: Nagaan van alle elektrisiteit en ligte in die lokale
  • Verskaf en installeer van een of twee projektorskerms
  • Verskaf en installeer van werksblaaie in die tweede lokaal
  • Die verwyder van ou, onbruikbare rekenaartoerusting
  • Die verwyder van matte in lokaal 1 (sowat 225m²), die opkap van teëls in lokaal 2 (sowat 83m²) en die insit van teëls in beide lokale
  • Die verf van mure in albei lokale
  • Die verf van vensters (vir sekuriteit) en vensterrame
  • Herstelwerk/vervanging van sowat 13m² plafonne

Besoek die winkel
[/wptabcontent]
[wptabtitle]2. Skenk produkte[/wptabtitle]

[wptabcontent]Ons wil graag die rekenaarlokale toerus met rekenaars wat dieselfde spesifikasies het en dieselfde lyk. Ons hou dus styf duimvas dat een of twee maatskappye gaan aanbied om vir ons 40 of 80 rekenaars te skenk volgens die spesifikasies wat ons saamgestel het. Kontak ons as jy kan help!
Ons het ook ʼn klompie ander items nodig. As jy een of meer daarvan wil skenk, laat weet ons asseblief:

  • 80 rekenaars volgens spesifikasies soos bepaal – doen gerus navraag hieroor
  • 2 rugsteunbedieners volgens spesifikasies soos bepaal – doen gerus navraag hieroor
  • 2 projektorskerms; een sowat 3×3 m en een sowat 2×2 m; albei met installasie
  • 1 netwerkkabinet
  • 2 multifunksie-laserdrukkers/skandeerders
  • Antivirussagteware
  • Windows 7-lisensies
  • Verf (PVA en emalje) en verftoerusting
  • Teëls: Sowat 315m²
  • Werksblaaie en stoele vir die tweede rekenaarlokaal

Besoek die winkel
[/wptabcontent]
[wptabtitle]3. Koop ʼn item in ons winkel[/wptabtitle]

[wptabcontent]Ons het heelwat kontant nodig om te betaal vir die produkte en dienste wat nie deur borgskappe gedek word nie. Vir dié doel is ons besig om ʼn aanlynwinkel op Maroela te skep waar jy ʼn bydrae kan maak deur ʼn item op die virtuele winkelrakke te “koop” en in effek die kontant vir die item aan ons te skenk. Die waarde van die items wissel van baie goedkoop tot baie duur; jy kan dus maklik ʼn bydrae maak wat jou sak pas. Aan die einde van jou inkopietog sal Maroela Media se bankrekeninginligting aan jou vertoon word – jy kan dan ʼn inbetaling met die verwysing “Hercules” in ons rekening maak. (Die winkel sal binne ‘n dag of wat beskikbaar wees.)

Hou asseblief in gedagte dat die bedrag wat jy bydra, nie noodwendig direk aangewend gaan word vir die item wat jy “gekoop” het nie. Ons het prioriteite bepaal waarvolgens items aangekoop moet word – rekenaars en die teël van die vloere is eerste prioriteit. Ons sal dus enige bydraes wat gemaak word, groot of klein, aanwend om die behoeftes in prioriteitsvolgorde aan te spreek.

Besoek die winkel
[/wptabcontent]

[wptabtitle]4. Direkte inbetaling[/wptabtitle]

[wptabcontent]Jy is welkom om ʼn direkte inbetaling in Maroela Media se bankrekening te maak met die verwysing “Hercules”. Die bankinligting is soos volg:
Bank: FNB
Rekening: Tjek
Rekeningnommer: 62336080445
Takkode: 261550
Verwysing: HS4
E-pos asseblief bewys van inbetaling na [email protected].

Jy kan verseker wees daarvan dat elke sent wat geskenk word, aan die Hoërskool Hercules bestee sal word. Ons sal deeglik boekhou van alle inkomstes en uitgawes. ʼn Borgbrief kan op hierdie bladsy afgelaai word.

Besoek die winkel
[/wptabcontent]

[/wptabs]

Navrae

Skakel ons gerus indien jy navrae oor die projek het:
Susan Lombaard
Tel: (012) 644 4413
E-pos: [email protected]

Hou Maroela Media se Facebook-bladsy dop – ons sal deurlopend terugvoer gee oor ons vordering met die projek!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.