Vroue wil wêreldrekord in pajamas laat spat

Maroela-fliek-foto.jpg

Agter staan Izelle Hoffman en Sue Pyler. Voor sit Dorette Potgieter en Venessa Schoeman. (foto verskaf)

[promosie-artikel]

Nagenoeg 2 000 vroue word benodig om binnekort ’n wêreldrekord te laat spat vir die meeste vroue wat gelyktydig in hul nagklere gaan fliek.

Finesse, die tydskrif, bied vanjaar ʼn massa Fliek-in-pajamas-aand aan. Nie net beoog hulle om die wêreldrekord te verbeter nie, maar doen hulle dit terselfdetyd ten bate van Solidariteit Helpende Hand. Die fliek wat vertoon word, is die aksieverwerking van die immergewilde animasiefliek The Lion King.

Al die vroue word versoek om op 8 Augustus, die dag voor Vrouedag, hul onesie-pajamas aan te trek wanneer hulle die teaters besoek. Sodoende word Vrouedag op ʼn besondere manier met ʼn wêreldrekordpoging gevier. Almal wat die geleentheid bywoon maak ook ʼn verskil in ʼn kind se lewe.

Vroue word gevra om nie-bederfbare blikkieskos na die fliekaand saam te neem. Hierdie kos word geskenk aan Helpende Hand se #Stophonger-projek, wat etes verskaf aan minstens 8 000 behoeftige kinders by skole. Dikwels is dit enigste ete wat daardie kind per dag kry. Met Finesse se “Doen goed”-inisiatief word 10% van die kaartjieverkope ook aan Helpende Hand geskenk.

 idmMAZIA.jpeg

Dorette Potgieter (foto verskaf)

Vroue kan reg oor die land inskakel by enige van die volgende vyf plekke: Pretoria (Kolonnade en Centurion), Johannesburg (Carnival City), Vanderbijlpark (Vaal Mall), Bloemfontein (Mimosa Mall) asook in Kaapstad (Tygervallei). Al die teaters moet volgepak wees om die huidige rekord van 1 184 vroue te oortref.

In die voorportaal sal bekendes soos Mandi Baard, Lynette Beer, Dorette Potgieter, Quanita Adams, Anri Powell, Sue Pyler, Gretha Wiid, Izelle Hoffman en Lindi Delport die vroue verwelkom. Die redakteur van Finesse, Venessa Schoeman, sal in Bloemfontein saam kuier.

Vir dié wat voel hulle wen nooit iets nie is daar ’n geskenksakkie vir elke fliekvlooi nog voor hulle op die sagte teaterstoel neersak asook ʼn lekker vars kolwyntjie om Vrouedag mee te vier. En wie weet – as die wêreldrekordpoging slaag sal elkeen wat deelneem kan sê sy was deel daarvan.

Daar word gepoog om 2000 mense by die aand uit te kry! Die huidige rekord is 1184.

Die fliekaand vind plaas op Donderdag 8 Augustus om 16:00 vir 17:00. Kaartjies kos R150 per persoon of R105 vir Finesse-vriendinne. Groepbesprekings kos R650 vir vyf mense.

Klik op voelgoed.co.za/kalender om kaartjies te bespreek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.