Wen ʼn luukse bootreis met #JouStorie

 Bootreis_MSC13013701.jpg

Foto: msccruises.co.za

Maroela Media en #JouStorie gee jou die geleentheid om op ʼn luukse bootreis te vaar na die Portugese Eiland.

Dit is ʼn een keer in ʼn leeftyd-ervaring aan boord die MSC Musica! Dié skip is vol ervarings wat jy nooit sal vergeet nie: swem in die louwarm water van die Indiese Oseaan, kyk wêreldklas vertonings elke aand en geniet ʼn koservaring wat jou sintuie sal laat seëvier.

Kan jy jouself al verbeel dat jy luilekker op dié skip ontspan? Jy het nou die geleentheid om in aanmerking te kom vir dié heerlike ontvlugting as jy deelneem aan Maroela Media se splinternuwe radiodrama-projek, #JouStorie.

 Bootreis_port_Portuguese-Island_mobile_31294_701_600-724.jpg

Portugese Eilande (foto: msccruises.co.za)

Deur die #Joustorie-projek wil Maroela Media gemeenskapsradiostasies in staat stel om hierdie jaar weer ʼn 120 episode-radiodrama uit te saai – maar ons het jou hulp nodig! Dis baie duur om ʼn radiodrama te vervaardig. Met jou insette kan ons seker maak dat die tradisie van radiodramas voortduur en jy het nou die geleentheid om op verskeie maniere deel van hierdie radiodrama te wees: jy kan saam met die akteurs kuier tydens ʼn opname, saam met ʼn bekende aan huis kuier terwyl hy vir jou ʼn ete kook, jy kan ʼn karakter se naam kies, ʼn episode borg of selfs jou onderneming se naam in die storie bemark.

Só skryf jy in:

  1. Besoek joustorie.co.za 
  2. Klik op een van die “word deel van die storie”-skakels
  3. Op die skenkingsblad kan jy kies watter bydrae jy wil maak om te help om die radiodrama te vervaardig
  4. Kies die bydrae en geskenk wat jy wil ontvang aan die regterkant van die blad
  5. Sodra jou skenking gemaak is, is jy outomaties ingeskryf vir die kans om die bootreis te wen

Elkeen wat betrokke raak, maak nie saak hoe groot of klein jou bydrae is nie, staan die kans om die bootreis te wen wat deur middel van ʼn gelukkige trekking bepaal gaan word.

Klik, skenk en word deel van ʼn projek wat Afrikaans op gemeenskapsradiostasies ondersteun!

#JouStorie is uit die gemeenskap, deur die gemeenskap, vir die gemeenskap.

*Bepalings en voorwaardes geld, sien joustorie.co.za 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae