[Wen] Speel klaar met ‘Vuil Wasgoed’

 Vuil-wasgoed_kompetisie7_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Weet jy van iemand wat werklik ʼn wasmasjien nodig het? Iemand wat dit verdien?

’n Gelukkige persoon of organisasie, wat dit werklik nodig het, kan ’n splinternuwe wasmasjien wen danksy dié kompetisie deur Vuil Wasgoed en Maroela Media. Die persoon wat vir die kompetisie inskryf, moet ’n persoon of organisasie nomineer wat werklik ’n wasmasjien nodig het.

Jy staan dus die kans om ’n persoon of organisasie se Kersfees op te helder deur verligting te bring. Of dit nou jou tannie is, ʼn kollega, ’n kleuterskool wat die rieme dun moet sny, of selfs ’n ouetehuis, skryf nóú in!

Al wat jy hoef te doen om iemand te nomineer om ʼn splinternuwe wasmasjien te wen, is om die inskrywingsvorm te voltooi en seker te maak jy verduidelik waarom dié persoon/organisasie die wasmasjien verdien.

Inskrywings sluit 30 November en die wenner word op 8 Desember aangekondig.

Moet dus nie dat daardie wasgoed verder ophoop nie. Skryf nou dadelik in!

Oops! We could not locate your form.

bouwer-en-bennie-vuil-wasgoedVuil Wasgoed binnekort in teaters landswyd

Een van die mees opwindende gebeurtenisse hierdie Desember, is die uitreiking van die fliek Vuil Wasgoed. Die gewag is amper verby, en op 8 Desember kan jy Vuil Wasgoed in teaters landswyd sien.

Teken solank 8 Desember aan in jou dagboek – Vuil Wasgoed begin dan in teaters landswyd draai.

Kyk gerus die lokprent

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.