Reëls vir Movember: Só maak mens

Foto: za.movember.com

Foto: za.movember.com

Movember-maand is nie net ʼn prettige manier om met ʼn snor te spog nie, maar is ook ʼn geleentheid om bewustheid te kweek oor gesondheidskwessies wat mans raak.

As jy jaarliks aan dié inisiatief wat in November aangebied word deelneem, weet jy al wat dit behels en hoe jy moet maak. Vir diegene wat nie seker is nie, hier is wat jy moet doen tydens Movember-maand:

Reël een:

Besoek die Movember-stigting se webblad en teken in. Op dié manier kan jy foto’s oplaai van jou snor en as jy geld help insamel is daar ook ʼn telbord om te kyk wie die meeste geld bymekaar kan maak.

Reël twee:

Skeer jou gesig skoon op 1 November. Bêre maar voorlopig jou baardolie want jou baard moet ook afgeskeer word.

Reël drie:

Laat groei jou snor vir die volgende 30 dae.

Reël vier:

Alle Mo bro’s moet vriende en kollegas aanmoedig om ook deel te neem en bewustheid help kweek oor gesondheidskwessies wat mans raak.

Hou Maroela dop vir nog artikels oor Movember. Besoek Movember se webblad vir meer besonderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Piet ·

Is dit movember omdat jy jou snor met grassryer moet sny? My vrou sal my haat!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.