10 beste plekke om heen te reis in 2019

Die avontuur-reisagentskap G Adventure het onlangs sy jaarlikse lys van die top-10 reisbestemmings vir 2019 bekend gemaak.

G Adventure se reiskenners het hul koppe en data bymekaargesit, waaronder kliënteterugvoer. Hulle voorspel dat dié bestemmings in 2019 gewild sal wees:

  1. Japan

Dié land word net al hoe meer gewild. In 2019 sal Japan die gasheerland van die Rugbywêreldbekertoernooi wees en daarna sal die land ook 2020 se Olimpiese Spele aanbied. Bekende plekke om te besoek is Tokio, Kioto, Tottori en Hagi.

Japan (Foto: Pixabay)

  1. Oezbekistan

Dié land het vanjaar sy visumvereistes verslap en vergemaklik deur ʼn e-visum vir 51 lande bekend te stel.

Oezbekistan (Foto: Pixabay)

  1. Senegal

Wes-Afrika herstel stadig maar seker nadat sy toerisme ʼn terugslag beleef het ná die uitbreek van die ebola-virus in 2014. Senegal poog om toerisme te herstel en het ʼn nuwe lughawe naby Dakar wat binnekort oopmaak.

Senegal (Foto: Pixabay)

  1. Taiwan

Taiwan is een van die lande in Asië wat minder as ander bekendes besoek word. Taiwan is besig om ʼn goeie naam op te bou met kunsliefhebbers, nadat die New York Times dié land “Asië se mees kos-obsessiewe land” genoem het.

Taiwan (Foto: Pixabay)

  1. Noord- Sri Lanka

Dié streek was vir dekades van toerisme afgesny weens ʼn burgeroorlog, maar nou is dit reg vir aksie. Veral seiljagreise is hier bekend.

Noord- Sri Lanka (Foto: Pixabay)

  1. Jordanië

Ná Jordanië se buurland Egipte se politieke situasie gestabiliseer het, is toerisme na Jordanië weer besig om vinnig te groei.

Jordanië (Foto: Pixabay)

  1. Ysland

Die groot toename in reise na Ysland kan toegeskryf word aan die bekende televisiereeks Game of Thrones wat daar verfilm word.

Ysland (Foto: Pixabay)

  1. Ethiopië

Nog ʼn Afrika-land waaar toerisme groei. Ethiopië was onlangs om al die regte redes in die nuus: Die eerste minister wat aangekondig het dat die helfte van die kabinet vroue sal wees, én die onlangse aankondiging van die nuwe vredesverdrag tussen Ethiopië en sy buurland, Eritrea.

Ethiopië (Foto: Pixabay)

  1. Italië

Op 2 Mei 2019 vier Italië die 500ste herdenking van die kunstenaar Leonardo da Vinci se dood. Daar sal ʼn hele string vierings oor die hele land gehou word.

Italië (Foto: Pixabay)

  1. Patagonië (Argentinië)

Dié bestemming het al hoe meer bekend geraak oor die afgelope vyf jaar. In Julie 2019 sal toeriste in dié land ʼn sonsverduistering kan aanskou.

Patagonië (Foto: Pixabay)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.