As jy moeg is vir die stad se gedruis, ure se gesit in die verkeer en e-posse wat onophoudelik instroom, is ’n vinnige naweekwegbreek nét die ding om jou siel te verkwik.
Maar waarheen kan ’n mens op ’n Vrydagmiddag ry wat die moeite werd is, maar jou ook nie ’n plaas se geld kos nie? Hieronder is 10 sakpas-naweekwegbreke waar jy nie anders sal kan as om van die stad te vergeet nie. Of jy nou die plaas, bosveld of berge verkies, LekkeSlaap.co.za het iets vir almal.
Riverman Cabin – Dullstroom
Riverman Cabin is in die Tonteldoosvallei, sowat 30 km noord van Dullstroom geleë. Hier kan jy tussen ’n steen-, grasdak- of houthut kies. Elke hut is knus ingerig met ’n kaggel vir die koel winteraande en ’n braai buite. Die kersie op die koek is dat jy ook jou woef kan saambring!
Doendinge: kunsvlieghengel en voëlkyk
Geriewe: kroeg, satelliet-TV, WiFi, braaigeriewe, restaurant, skoonmaakdiens, troeteldiervriendelik
Tipe: selfsorg
Tariewe: vanaf R350 per persoon per aand
Vanaf Johannesburg: sowat 266 km
Vanaf Pretoria: sowat 234 km
Syringa Sands – Vaalwater
Syringa Sands is op ’n plaas halfpad tussen Vaalwater en Thabazimbi op die Bakkerpaspad geleë. Die feit dat hier nie WiFi of ’n TV is nie, is eintlik ’n bedekte seën. Hier kan jy uitsien na ’n stil, rustige bosveldervaring. Besoekers word aangemoedig om die plaas te voet of per fiets op een van die vele plaaspaadjies te verken. Let wel: ’n Voertuig met hoë grondvryhoogte word aanbeveel.
Doendinge: baarshengel, wildkyk, bergfietsry, voëlkyk
Geriewe: braaigeriewe, wildritte, lughawe-pendeldiens, troeteldiervriendelik
Tipe: selfsorg
Tariewe: vanaf R375 per persoon per aand
Vanaf Johannesburg: sowat 253 km
Vanaf Pretoria: sowat 228 km
Diamond Creek Bush Lodge – Naboomspruit
Diamond Creek Bush Lodge is sowat 9 km vanaf Mookgophong (Naboomspruit) geleë en skuil in die bosveld met ongelooflike uitsigte op die Waterberge. Verblyf word aangebied in chalets met heerlike braaigeriewe. Of jy nou om die braaivleisvuur kuier, een van die staproetes aandurf, of langs die water op ’n hangmat ontspan, een ding is seker ─ hier sal jou batterye sommer vinnig herlaai.
Doendinge: visvang, baarshengel, wildkyk, voëlkyk, fietsry, swem
Geriewe: braaigeriewe, wildritte, lughawe-pendeldiens, satelliet-TV, skoonmaakdiens, swembad, wasgoeddiens, rolstoelvriendelik
Tipe: lodge met selfsorggeriewe
Tariewe: vanaf R233,33 per persoon per aand
Vanaf Johannesburg: sowat 214 km
Vanaf Pretoria: sowat 156 km
Moonriver Mountain Retreat – Vaalwater
Moonriver Mountain Retreat is ’n afgesonderde bestemming op die rand van ’n vallei in die hartjie van die Waterberge. As jy by dié wegbreekplek gaan draai, kan jy jou beslis regmaak vir asemrowende uitsigte oor die Palalarivier! Die oorvloed voëllewe is ’n móét vir entoesiastiese voëlkenners en saans is die sterrehemel nét so ’n groot bederf vir diegene wat lief is vir sterrekyk.
Doendinge: wildkyk, voëlkyk, fietsry, swem
Geriewe: braaigeriewe, swembad
Tipe: selfsorg
Tariewe: vanaf R400 per persoon per aand
Vanaf Johannesburg: sowat 246 km
Vanaf Pretoria: sowat 189 km
Vulture Creek – Hartbeespoort
Vulture Creek is naby die Hartbeespoortdam en verskeie besienswaardighede geleë. Dit is die ideale bestemming vir ’n luilekker wegbreek waar jy deur lieflike uitsigte oor die omgewing betower sal word. Kom ontspan in die bosveld en verkyk jou aan die majestueuse Magaliesberge.
Doendinge: visvang, voëlkyk, fietsry, swem
Geriewe: braaigeriewe, swembad, skoonmaakdiens, WiFi, troeteldiere op versoek
Tipe: selfsorg
Tariewe: vanaf R375 per persoon per aand
Vanaf Johannesburg: sowat 89 km
Vanaf Pretoria: sowat 54 km
Mountain Mala Game Lodge – Brits
Mountain Mala Game Lodge is ’n privaat wildreservaat, net 15 km buite Brits. Die lodge grens aan die Krokodilrivier en bied ’n pragtige uitsig oor die vallei tussen die heuwels. Daar is net ’n beperkte aantal chalets beskikbaar en dus geniet jy absolute privaatheid en rustigheid. Dit is die ideale wilde wegbreek vir oud en jonk.
Doendinge: visvang, voëlkyk, wildkyk, fietsry, swem, begeleide staproetes
Geriewe: braaigeriewe, swembad, wasgoeddiens, skoonmaakdiens, wildritte
Tipe: lodge met selfsorggeriewe
Tariewe: vanaf R300 per persoon per aand
Vanaf Johannesburg: sowat 106 km
Vanaf Pretoria: sowat 82 km
Magalies Mountain View Cottage – Hekpoort
By Magalies Mountain View Cottage in Hekpoort word jy begroet deur asemrowende berg-uitsigte. Die jongspan is welkom om die hoenders te help voer en hul eiers bymekaar te maak. Vir diegene wat bietjie wil lyn natmaak of sommer net die plaas wil verken, is die rivier net ’n klein entjie se stap van die kothuis af.
Doendinge: visvang, voëlkyk
Geriewe: braaigeriewe
Tipe: selfsorg
Tariewe: vanaf R237,50 per persoon per aand
Vanaf Johannesburg: sowat 73 km
Vanaf Pretoria: sowat 99 km
Thorn tree Bush Camp – Dinokeng
Die Thorn Tree Bush Camp in die Dinokeng-wildreservaat is ’n plek waar natuurliefhebbers die rustigheid van die natuur behoorlik kan geniet. Thorn Tree Bush Camp het twee watergate waar ’n groot verskeidenheid wild, die Groot 5 inkluis, af en toe kom keel natmaak. Kom skop jou skoene uit, ontspan om die knetterende vuurtjie, verkyk jou aan die sterre en laat die bosgeluide toe om jou saans aan die slaap te sus.
Doendinge: wildkyk, swem, voëlkyk, begeleide staproetes
Geriewe: braaigeriewe, swembad, wildritte, skoonmaakdiens
Tipe: selfsorg
Tariewe: vanaf R450 per persoon per aand
Vanaf Johannesburg: sowat 103 km
Vanaf Pretoria: sowat 45 km
Union House Guest Farm – Fouriesburg
Union House Guest Farm bied gerieflik B&B-verblyf in Fouriesburg. Dit is die ideale wegbreekbestemming vir diegene wat smag na ’n plattelandse ervaring in die Drakensberge. Kom word weer kind op dié rustige plaas. Die gasteplaas het iets wat elke lid van die gesin se oë sal laat glinster ─ van perdry, tot fietsry, ’n jacuzzi en ʼn restaurant.
Doendinge: perdry, visvang, fietsry, swem, voëlkyk, begeleide staproetes
Geriewe: braaigeriewe, swembad, skoonmaakdiens, lughawe-pendeldiens, konferensiegeriewe, kinderoppasdiens, jacuzzi, wasgoeddiens, restaurant
Tipe: B&B
Tariewe: vanaf R500 per persoon per aand
Vanaf Johannesburg: sowat 327 km
Vanaf Pretoria: sowat 383 km
Berghouse and Cottages – Bergville
Berghouse and Cottages lê hoog in die Noordelike Drakensberge. As die idee van ’n knus kothuis met ’n kaggel wat die winterkoue verdryf, pragtige natuurskoon, en asemrowende uitsigte jou opgewonde maak, is hierdie die ideale bestemming vir jou. Of jy nou op soek is na ’n romantiese wegbreekplek, of hope pret vir die hele gesin, Berghouse and Cottages maak voorsiening vir almal.
Doendinge: perdry, kunsvlieghengel, visvang, voëlkyk, fietsry, wildkyk, begeleide staproetes, swem
Geriewe: braaigeriewe, skoonmaakdiens, wasgoeddiens, WiFi
Tipe: selfsorg
Tariewe: vanaf R480 per persoon per aand
Vanaf Johannesburg: sowat 323 km
Vanaf Pretoria: sowat 380 km
Met dié lekker lys sal dit nooit weer nodig wees om ’n naweek tuis deur te bring nie. Niks is so verfrissend soos die stad wat in jou truspieëltjie verdwyn nie, en soos jy sien, hoef jy nie tot die volgende vakansie te wag om ’n plattelandse wegbreek te bespreek waar jy weer jou batterye kan herlaai nie!
Hierdie artikel is verskaf deur Lekkeslaap.co.za en is opgestel deur Nanje Lourens.