Afrika het ʼn ryk tapisserie van interessante kulture, skouspelagtige natuurtonele en ongelooflike fauna en flora. Dis ʼn kontinent van uiterstes en is propvol versteekte juwele. Hulle sê mens kan nooit Afrika verlaat nie – dit bly by jou, en in jou.
Wat moet jy in Afrika besoek? Die keuse is eindeloos. Hier is ʼn paar bestemmings wat beslis op jou emmerlysie moet wees: dit is die poort na die hart en siel van dié besonderse kontinent.
Van-safari-tot-see-toer in Suid-Afrika
As jy in Johannesburg, die stad van goud, aankom, reis jy na die noordelike deel van die land om die ikoniese Krugerwildtuin te ontdek waar jy beslis die Groot Vyf sal sien. As ʼn alternatief kan jy ook een van die beste wildreservate in ʼn malariavrye streek soos die gewilde Pilanesberg-wildreservaat of Madikwe-wildreservaat besoek. Ná ʼn wonderlike safari neem jou reis deur Suid-Afrika jou na die see by die suidelike punt van Afrika. Kaapstad is ryk in kultuurgeskiedenis en bekend vir sy ongelooflike natuurtonele. Route 62 kronkel van die hart van die ikoniese Kaapse Wynlande tot ongelooflike bestemmings al langs die Tuinroete.
Duik saam met doejongs in Mosambiek
Daar is honderde redes waarom jy die wonderlike kuslyn van Mosambiek moet besoek, maar een van die grootste toeriste-aantreklikhede is skubaduik in van die beste duikplekke in die wêreld en die moontlikheid om die ontwykende doejong in die water te ontdek. Dié plantetende blougrys soogdier wei vreedsaam op seegrasse in die vlak water naby die kus van Mosambiek. Sien ons Mozambique Holiday Packages and Tours
Reksprong by die Victoria-valle in Zimbabwe
Die Victoria-valle in Zimbabwe staan bekend as die “adrenalienhoofstad van Afrika”. Dit is ʼn gewilde 3-in-1-toeristebestemming wat reisigers ʼn unieke kombinasie van safaritoere met verstommende natuurtonele en avonture vir adrenalienverslaafdes bied. Iets opwindend vir jou emmerlysie is ʼn reksprong van die geskiedkundige brug by die Victoria-valle gevolg deur ʼn onvergeetlike helikopterrit oor die waterval. Besoek Victoria Falls Tours and Safaris
Mokoro-vaart op die Okavango Delta in Botswana
Botswana is ʼn uitstekende safaribestemming in Afrika waar jy boonop die wêreldbekende Okavango Delta, Chobe- nasionale park en die Kalahariwoestyn kan besoek. Die beste manier om die natuurlike wonder van die Okavango Delta te ervaar, is met ʼn vaart in ʼn mokoro, ʼn handgemaakte Tswana-kano. Besoek Botswana Safaris and Tours
Die geheimsinnige Skedelkus, Namibië
Namibië is ʼn land van uiterstes, van die dorre Namibiese woestyn en Sossusvlei tot die ongerepte skoonheid van Damaraland en die natuurlike wonders van Etosha- nasionale park. Hier kan jy die geheimenisse van die spokerige Skedelkus beleef – waar talle skeepswrakke te sien is. Dis ʼn geheimsinnige en magiese wonderland wat wag om verken te word. Besoek Namibia Safaris and Tours
Die groot migrasie in die Serengeti- nasionale park, Tanzanië
Tanzanië spog met drie van die Sewe Natuurlike Wonders van Afrika, die hoogste berg in die wêreld en die grootste en diepste meer op die kontinent. Die bekendste van dié ikoniese bestemmings is die Serengeti- nasionale park: dis die beste plek om die migrasie van honderdduisende wildebeeste en sebras te sien wanneer hulle die gevaarlike reis oor grasvlaktes en deur riviere, propvol krokodille, moet aanpak om by nuwe weiding uit te kom. Besoek Tanzania Safaris
Perfekte dae op idilliese strande in Zanzibar
Ná ʼn ongelooflike safari in Tanzanië, kan jy jou beslis bederf met ʼn paar dae by ʼn luukse oord op ʼn spierwit strand op een van die Zanzibar-eilande. Geniet ʼn dagtoer van Stone Town en die eiland se eksotiese speseryplantasies. Besoek Zanzibar Holidays and Tours
Warmlugballon-wildbesigtigingstoer oor die Masai Mara, Kenia
Kenia is die goue standaard vir die beste safari-ervaring in Afrika en is bekend vir die groot migrasie waar ongeveer 2 miljoen wildebeeste oor die Masai Mara- nasionale park trek. Die beste manier om dié ikoniese wildernisstreek te ervaar, is in ʼn warmlugballon: hoog bo ongerepte bosveld met ʼn uitsig oor die reservaat se ongelooflike natuurlike wonders. Besoek Kenya Safaris and Tours
Gorillas in Volcanoes- nasionale park, Rwanda
ʼn Paar jaar gelede was Rwanda ʼn desperate land wat deur gewelddadige konflik geteister is. Vandag is dit een van die veiligste safaribestemmings in Afrika en is bo-aan talle reisigers se emmerlysies. Die beste ervaring in Rwanda is gorillas wat deur die digbeboste Volcanoes- nasionale park trek. As dit bietjie duur is, is dit net soveel pret om te kyk hoe die sjimpansees deur die bergagtige terrein trek. Besoek Gorilla Trekking Safaris
Luukse strandoorde by Nosy Be in Madagascar
Madagascar is bekend vir sy ongelooflike natuurtonele en natuurlike hulpbronne wat duisende unieke dierespesies en meer as 100 verskillende tipes lemur insluit. Ons gunstelingplek is Nosy Be – ʼn wonderlike eiland naby Madagascar se noordwestelike kusgebied. Nosy Be is bekend vir sy luukse oorde en ongerepte strande. Besoek Madagascar Holidays on Special
Die antieke teeroete in Mauritius
Mauritius is welbekend vir sy vakansiepakkette, waarby alles ingesluit is, by luukse oorde op strande vol palmbome. Ons gunstelingtydverdryf op dié tropiese eiland is om die antieke teeroete te verken waar jy eksotiese bestemmings soos die tuine van die Bois Cheri-teeplantasie, die speserytuin by Domaine de Saint Aubin en Domaine des Aubineaux, ʼn koloniale huis wat in 1872 gebou is, kan besoek. Dis ʼn merkwaardige insig in die ryk kultuurgeskiedenis van Mauritius. Besoek Mauritius Holidays on Specials
Bootvaart op die Nyl in Egipte
Die piramides en die sfinks by Gaza in Kaïro is van Egipte se bekendste bestemmings, maar as jy dit reeds gesien het, is dit nou tyd om by ʼn toergroep aan te sluit vir ʼn wonderlike vaart op ʼn luukse boot op die Nylrivier met daaglikse uitstappies na antieke bakens soos die Karnak-tempel, ʼn Unesco-wêrelderfenisgebied. ʼn Bootvaart op die Nylrivier in Egipte is ʼn prettige manier om die aangrypende geskiedenis te kombineer met ure lange ontspanning. Besoek Egypt Tours
Nog merkwaardige bestemmings in Suid-Afrika
Indien jy meer inligting benodig oor wildbesigtigingstoere na bogenoemde en ander ongelooflike bestemmings in Afrika, besoek Moafrika Tours. Van ʼn driedagbesoek aan die Krugerwildtuin in Suid-Afrika tot ʼn driedagsafari na die bekende Pilanesberg- nasionale park; daar is ʼn toer wat elkeen se belangstelling en begroting pas.