2017 se top-winterbestemmings

Drakensberge (Foto: Klim Levene, Flickr via Lekkeslaap)

Verbeel jou jy kuier knus voor die kaggel met ‘n koppie koffie en ‘n boek… Ja-nee, die winter gee ’n mens oorgenoeg redes om ’n winterwegbreek te bespreek! Veral as jy sien waar die gewildste bestemmings vir ’n wintervakansie is! LekkeSlaap.co.za het gaan uitvind waar die meeste mense hul winterbesprekings maak:

  1. Clarens
  2. Montagu
  3. Marloth Park
  4. Bela-Bela
  5. Ceres
  6. Drakensberge
  7. Tuinroete
  8. Panoramaroete
  9. Wynroetes
  1. Clarens

Dat dié dorpie ’n gewilde vakansiebestemming is, verbaas ons beslis nie, en een ding is verseker: Clarens word nie verniet die juweel van die Vrystaat genoem nie. Hiér is jy tussen die sandsteenberge met verskeie kunsgalerye, historiese besienswaardighede en knus koffiehuise sommer op jou drumpel.

Doendinge: Spa-behandelinge by die Clarens Wellness Day Spa, voetslaan op die Kannibaal- of die Sampioenrotsroete, piekniek, perdry, riviervlotvaart, vierwielmotorfietsry, verfbal, abseil, ’n dinosourustoer en warmlugballonritte.
Gewilde besienswaardighede: Clarens Brouery, Basotho Kultuurdorpie en McKinley Chocolates.
Restaurante: Highlander Restaurant, The Artist’s Cafe, Mosaic Pizzeria, Koöperasie Restaurant en die Sugar and Cinnamon Restaurant.
Koffiehuise: The Millery Clarens, Highland Coffee Roastery en die Purple Onion Deli & Coffee Bar.

Verblyf in Clarens:  Zwartmodder | Amber Selfsorg | Old Mill Drift Guest Farm

Wat die besoekers sê:

“Almal moet Clarens besoek, dis beslis die moeite werd. Dit is baie naby Lesotho en ’n mens kan vir die dag deurry Afriski toe. Clarens self het baie om te bied vir die mense wat daar wil huiskoop. Soveel plekkies waar ‘n mens kan eet en heerlike “craft”-bier, “ciders” en sappe geniet.” – Zelmarie R.

  1. Montagu, Wes-Kaap

Montagu is op die bekende Roete 62 en veral bekend vir Montagu Dried Fruit and Nuts, die warmwaterbronne en die Kogmanskloofpas. Hierdie dorpie sal vir jou en die gesin ’n lekker winterwegbreek waarborg.

Doendinge: Viljoensdrift Wines and River Cruises, Farmer Redbeard, voëlkyk, 4×4-avonture en trekkerritte.
Gewilde besienswaardighede: Avalon-warmwaterbronne, Kingna Distillery en die Eseltjiesrus-donkiereservaat.
Restaurante: Bistro @ Capedry, Rambling Rose, Die Kloof Padstal, Ye Olde Tavern Restaurant en die Mystic Tin.
Koffiehuise: The Barn on 62 en die Boere Bistro.

Verblyf in Montagu: Airlies Gastehuis | Karoo Pride, En Route | Kango Gastehuis

Wat die besoekers sê:
“Pragtige dorp met oulike winkeltjies en lekker kuierhoekies. Maak nie saak hoe ‘n mens se reisplanne lyk nie, dit moet ‘n stop vir ‘n nag of vier in Montagu insluit.” – Yolande S.

  1. Marloth Park, Mpumalanga

Wat is nou lekkerder as wildkyk in die winter? Marloth Park is die perfekte plek vir wildkyk, knus bosveld-verblyf en gesellige kuiers om ‘n groot vuur. Dié wildreservaat grens aan die Krugerwildtuin en lê op die oewer van die Krokodilrivier. Hiér kan jy vier van die Groot 5 (uitsluitend die olifant) gewaar. As jy gelukkig is, sien jy daar dalk ’n olifant van die Krugerwildtuin wat kom water drink by die Krokodilrivier.

Doendinge: Wildritte, wildkyk, vlieg in ’n mikrovliegtuig, voetslaan en bergfietsry.
Gewilde besienswaardighede: Boondocks Labyrinth (Kaapmuiden) en die Barberton Museum (Barberton).
Restaurante: The Tin Shack, Phumula Kruger Lodge.

Verblyf: Marloth Park

Wat die besoekers sê:
“Marloth Park is ‘n stukkie hemel op aarde. Ons gaan elke wintervakansie soontoe en het nog nooit oorweeg om na ‘n ander plek te gaan nie. Alhoewel jy die bos-gevoel ervaar, is daar geen tekort aan luukses nie. Die huise is redelik ver van mekaar en die enigste naggeluide hoorbaar, is dié van die diere. Marloth Park se uitkykpunte is fantasties en ‘n ware lusmaker vir die Krugerwildtuin. Ons het teen die grensdraad gaan stap en bokke, olifante en selfs leeus gesien. Daar is voldoende geriewe in Marloth Park wat supermarkte en restaurante betref, en daar is ’n karwas, putt-putt, ens.” – Colette N

  1. Bela-Bela, Limpopo

Bela-Bela, of te wel Warmbad, is mos nou hoeka waarheen ’n mens wil vlug as jy nie lief is vir die koue nie. Hier kan jy sommer die hele dag in een van die lekker warmwaterbronne deurbring, maar dis definitief ook nie al nie! As jy ’n diereliefhebber is, bied hierdie omgewing tientalle unieke ervarings, soos ontmoetings met olifante en besoeke aan verskeie wildreservate.

Doendinge: Wildkyk, voetslaanroetes, verfbal en Zipline.
Gewilde besienswaardighede: Besoek Mabalingwe-natuurreservaat, Bambelela Wildlife Care, Thaba Kwena-krokodilplaas, Adventures with Elephants en Loebies-roofdierpark.
Restaurante: Toeka se dae en Peet se Padstal.
Koffiehuise: Café Haarhoff en Agri Deli.

Verblyf: Bela-Bela

Wat die besoekers sê:
“Heerlike weer in die winter en baie wildreservate om van te kies.” – Dilette V.

  1. Ceres, Wes-Kaap

Ceres is bekend vir vars vrugte, vrugtesap en mineraalwater, maar dié dorpie bied ook verskeie ander avontuurlustige doendinge wat jy nie wil misloop nie. Maak seker jy sit dié dorp op jou emmerskoplysie as jy die adrenalien wil laat pomp.

Doendinge: Kersiepluk by die Klondyke-kersieplaas, Zipline, voetslaan, bergfietsry, treinry vanaf Ceres Rail Company, 4×4-avonture en gholf.
Gewilde besienswaardighede: Ceresberg-fynbosnatuurreservaat, die Kagga Kamma-wildreservaat en die Ceres Transport Riders-museum.
Restaurante: Tolhuis Bistro, Die Botterskorsie en die Eden Restaurant and Coffee Shop.
Koffiehuise: Tremor Coffee Bar en Deja Brew.

Verblyf in Ceres: Prospect Rondawel & Lapa | Rhodene Farm Cottages

Wat die besoekers sê:
“Ceres is tussen die pragtigste berge geleë en sommer naby omliggende dorpe. Die Bainskloofpas is asemrowend mooi. Sal beslis besoek in wintermaande.” – Zamo M.

  1. Drakensberge, KwaZulu-Natal (uKahlamba)

Die Drakensberge in KwaZulu-Natal, of te wel, die Berge van die Drake, is ’n wêrelderfenisgebied. Die wonderskone uitsigte wat jy hier aantref, is oorgenoeg rede om jou te oortuig dat ons in die allermooiste land bly.

Doendinge: Warmlugballonritte, perdry, bergfietsry, riviervlotvaart, abseil, voetslaanroetes soos Cathedral Peak, Cathkin Peak, Dragon Peak en Champagne Castle, voëlkyk, sneeuklouter op die Sanipas-, Giant Castle- of Rhino Peak-roetes.
Gewilde besienswaardighede: Die Tugelawaterval, Retiefspas, Fort Durnford (Escourt), Elandslaagte Slagveld (Ladysmith) en die Underberg Cheesery (Underberg).
Restaurante: The Lemon Tree Bistro en Mike’s Restaurant (Underberg).

Verblyf in die Drakensberge: Underberg | Kokstad | Himeville | Estcourt | Winterton | Mooi River | Bergville, Geluksburg | Ladysmith

Wat die besoekers sê:
“Die omgewing is fantasties, mooi voetslaanroetes en skitterende natuur.” – Piet F.

  1. Tuinroete, Wes-Kaap

As jy van die natuur, strande, walvisse en seekos hou, dan is die Tuinroete net vir jou! Hierdie roete bied verskeie ervarings te kies en te keur wat enigiemand se vakansie sal opbeur.

Doendinge: Kingfisher-voetslaanroete (Sedgefield) en die Braille-roete in die Ethno Botaniese Tuin (Mosselbaai).
Gewilde besienswaardighede: Knysna-koppe, Featherbed-natuurreservaat, Knysna-olifantpark (Knysna), Goukamma-natuurreservaat (Sedgefield), Kingfisher-voetslaanroete (Sedgefield), Kangogrotte (Oudtshoorn), Swartbergpas, en die Cape St Blaize-ligtoring.
Restaurante: 34 Degrees South (Knysna), Montecello Restaurant (Sedgefield), Salinas Beach Restaurant (Wildernis), Karoopot Restaurant (Oudtshoorn) en die Kaai 4 Braai Restaurant (Mosselbaai).

Verblyf in die Tuinroete: Knysna | Sedgefield | Wildernis | Oudtshoorn | Mosselbaai

Wat die besoekers sê:
“Knysna se mense is vriendelik en nie eers die verwoestende brande kon die gasvryheid demp nie.” – Esmé L.

  1. Panoramaroete, Mpumalanga

’n Mens kan verstaan hoekom soveel buitelanders ons land besoek, want as jy eers op die Panoramaroete gery het, snak jy behoorlik na jou asem. Suid-Afrika het verskeie skatte, en die besienswaardighede op dié roete maak hierdie streek beslis een van hulle. Die Panoramaroete word gevorm deur dorpies soos Lydenburg, Sabie, Graskop, Pelgrimrus, Hazyview, Ohrigstad en Kiepersol. Hiér kan jy jou regmaak vir verskeie watervalle, asemrowende natuurskoon en lekker warm weer, selfs in die winter.

Gewilde besoekpunte: Die Blyderiviercanyon, God’s Window, Krugerwildtuin, Pinnacle Rock, Bourke’s Luck Potholes, die Drie Rondawels, Berlin-valle en Mac Mac-waterval.
Restaurante: Wild Fig Tree (Sabie), Kruger’s Gold Restaurant (Graskop) en die Pioneer’s Butcher & Grill (Hazyview).
Verblyf: Panoramaroete | Lydenburg | Sabie | Graskop | Pelgrimsrus | Hazyview | Ohrigstad | Kiepersol | Witrivier | Nelspruit

Wat die besoekers sê:
“’n Besoek aan hierdie deel van ons land beslis die moeite werd. Volgens my is die Drie Rondawels die heel mooiste plek in ons land. Dit is asemrowend.” – Wessel W.

  1. Wynroetes, Wes-Kaap

Winter gaan dikwels gepaard met ’n gesellige kuier oor ’n glasie wyn, en gelukkig het die Wes-Kaap sommer ‘n hele rits topwynplase waar ‘n mens kan wynproe of smul aan heerlike disse. Dié plase spog met onbeskryflike natuurskoon en bied ook dikwels wynfeeste aan. Hiér sal jy om elke hoek en draai verras word met iets om te doen, sien of te ervaar.

Gewilde wynplase: Gaan proe gerus ’n bietjie wyn by Groot Constantia (Constantia), Bloemendal (Durbanville), Lanzerac (Stellenbosch), Nederburg Wines (Paarl), Robertson Winery (Roberston) en La Motte (Franschhoek).
Feeste: Wees gerus op die uitkyk vir feeste soos Season of Sauvignon-fees (Durbanville), Roberston Slow Cook and Wine-fees (Robertson), Franschhoek Bastille-fees en Cap Classique and Champagne (Franschhoek).

Verblyf:  Constantia | Durbanville | Stellenbosch | Paarl | Robertson | Franschhoek

Wat die besoekers sê:
Die pragtige natuur en die en die gasvryheid van die mense het ons besoek ’n onvergeetlike ervaring gemaak. – Carin H.

Daar het jy dit! Bespreek sommer nou jou verblyf deur LekkeSlaap vir ʼn volgende vakansie. Moenie dat die bibberweer jou terugsit om ’n opwindende vakansie te ervaar nie.

Hierdie artikel is verskaf deur Lekkeslaap.co.za en is opgestel deur Annerie Lemmer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.