Beveilig jou huis só dié vakansie

Ons maak altyd seker ons het iemand wat na die diere omsien, ons het geskenke vir almal gekoop en dat ons alles gepak het voordat ons die Desember-vakansie begin geniet. Maar dit is net so belangrik om te verseker dat jou eiendom veilig is.

“Ons het almal ʼn lang en moeilike jaar agter die rug en dit is normaal om te wil ontspan en af te skakel. Maar ongelukkig is dít presies wat opportunistiese misdadigers wil hê,” sê Charnel Hattingh,  Fidelity ADT se kommunikasiebestuur.

Volg hierdie wenke om seker te maak jou huis en eiendom bly veilig:

 

  1. Maak seker jou huis se alarm werk. Desember is ʼn besige tyd vir veiligheidsmaatskappye, so huiseienaars moet hul alarms ten minste drie weke voordat hulle op vakansie gaan, laat toets. Indien ʼn diens nodig is, moet dit so vroeg moontlik gereël word.

 

  1. Maak seker daar is geen openings in jou heining of plekke waar iemand kan inkom nie, anders sal jou huis dalk addisionele sekuriteit benodig.

 

  1. Koppel buiteligte aan tydskakelaars en bewegingsensors; dit dien as ʼn addisionele afskrikmiddel.

 

  1. Lig jou veiligheidsmaatskappy in van jou vakansieplanne twee weke voordat jy op vakansie gaan. Indien ʼn insident plaasvind terwyl jy weg is, is dit belangrik dat hulle die volgende inligting het:
  • Inligting oor almal wat sleutels tot jou huis het.
  • Inligting oor jou huishulp, tuinwerker en huisoppasser wat dalk op jou eiendom bly terwyl jy weg is.

 

  1. Lig jou bure en buurtwag in oor jou vakansieplanne sodat hulle jou eiendom kan dophou terwyl jy nie daar is nie.

 

  1. Stop alle koerantintekenings of ander aflewerings, of maak seker iemand neem dit weg wanneer dit afgelewer word. ʼn Vol posbus is ʼn duidelike teken vir misdadigers dat niemand tuis is nie.

 

  1. As jy ʼn huisoppasser aanstel, wys vir dié persoon hoe jou alarmstelsel werk.

 

  1. Maak seker die bosse en bome naby aan jou deure en motorhuis is gesnoei, om te verseker dat indringers nie daaragter kan wegkruip nie.

 

  1. Wees diskreet wanneer jy jou motor pak vir die vakansie. Doen dit eerder agter geslote deure. Indien moontlik in jou motorhuis.

 

  1. Voordat jy op vakansie vertrek, gaan vinnig weer alles na. Maak seker alle deure is gesluit en dat vensters toe is. Moenie ʼn leer of enige gereedskap buite of in die tuin los nie, want dit kan gebruik word wanneer mense in jou huis probeer inbreek. Maak seker alle waardevolle items en skakelaars wat hekke of motorhuisdeure oopmaak, lê nie rond nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

AW ·

NOTICE /WARNING
This Is Private Property!
You are not welcome here!
You Have No Right, entering this Property / Building / Land!

Your unlawful presence on this property / building / land, will be assumed, to be for the sole intended purposes (reason) of Committing Crime.

For Security and Safety Purposes:

No Trespassing
No Jobs / Vacancy/ Employment
No Thoroughfare / Short Cuts
No Conducting of Enquiries
No Junk Mail Distribution
No Solicitation
No Enquiries
No Loitering
No Hawking
No Begging
No Entry
No Exception

Trespassers Will Be Prosecuted in terms of the Tresspass Act, 1959 (Act No 6 of 1959)

WILLEM ·

Baie goeie idee, maar kan die “indringers” lees? Dit lyk meer na ‘n uitdaging om in te breek!! Maak liewer seker al jou sekuriteit is in werkende orde en reel met betroubare vriende / bure om daagliks ‘n draai te maak by jou huis solank jy met vakansie weg is.

AW ·

Then also –

The Owner or Person in Charge of the Property / Building / Land must submit a detailed statement in respect of, but are not limited to:

– that he / she are the complainant in this case of Tresspassing;

– that he / she are the Property / Building / Land Owner OR the Person Appointed as the Manager / Supervisor / Security official by the Owner;

– that the Tresspaser(s) had no permission and right to enter the Property / Building / Land;

– that the trespasser(s) was verbally warned by him / her or another person (name) to remove themselves from the Property / Building / Land;

– mention any previous trespasing incidents by the tresspaser(s) [when];

– in terms of Situational Crime Prevention: methods and techniques, that there are Clear Visible Notification Boards place in English and (the African Language);

– the location of the Notification Boards;

– that your employees / staff / workers are well aware of the fact that there are ‘no trespasing’ notification boards and that Trespassing are not tolerated;

– that you desire that the Criminal Case to be Investigated with the Purpose of a Criminal Prosecution and Conviction.

Out of Africa ·

Jinne maar ek is bly om van al die nonsens ontslae te wees! Ek het al vergeet wat ‘n mal spul goed wat mens alles moet doen voor jy met vakansie kan gaan. Saligheid is geen diefwering, geen alarm, geen buurtwag, geen bosse sleutels en geen maandelikse paaiemente vir ‘n veiligheids maatskappy nie. No worries.

Platsak ·

Ja ongelukkig is nie almal so gelukkig om uit die Land te kan gaan soos jy en ander suid-afrikaners wat oorsee is nie.Ons is ongelukkig een van die miljoene mense wat nie die Finansies het om te kan oor gaan nie en moet maar van n SLEGTE SAAK N GOEIE DINGE probeer maak

Out of Africa ·

Wat ‘n verligting om ontslae te wees van hierdie gesukkel. Mis dit net glad nie!

Oujongvrou ·

My kind sê hierdie week vir my, na ek opmerk hoe hulle tuin soos feetjieland lyk met al die liggies. ” ma en die beste is ek en my kind kan in die aand buite sit en dit geniet. Stoksiel alleen, en dit op n plaas. Sy woon in anner land. Dankie God, my kind en kleinkind is veilig. Ek verlang en mis hulle, maar is so bly hulle is weg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.