Bootreisvakansie: Hoe kom jy daar?

MSC Musica

Vanaf November 2018 tot April 2019 bied MSC Cruises 41 vaarte vanuit Durban met die MSC Musica boot aan, asook vier vaarte vanuit Kaapstad.

Indien jy reeds plek bespreek het op een van die vaarte, of dalk nog wil bespreek, en jy woon in Gauteng, Limpopo, Noordwes of Mpumalanga, het jy dalk al gewonder hoe kom jy in Durban of Kaapstad by die hawe!

JB Train Tours stel ʼn heerlike, maklike, bekostigbare, veilige en lekker manier voor: Doen die 3-in-1 ding!

Ry met die oornagtrein vanaf Johannesburg, eet en slaap op die trein; ry dan met die bus vanaf die stasie na die hawe; geniet die bootvaart; klim met die terugkom in die hawe weer op die bus en ry na die lughawe en vlieg terug. Alles word vir jou gereël en georganiseer.

Hierdie 3-in-1 toerpakket (trein, bus en vliegtuig) word deur JB Train Tours aangebied na al 45 die vaarte. Hierdie toerpakket se prys begin teen R2 800 per persoon – jy kan dit nie self goedkoper of beter reël nie! Ons bied dit reeds die afgelope drie jaar na die hawe toe aan.

Die toerpakket is geskik vir mense van alle ouderdomme van oraloor.

Hoe gemaak om by die Johannesburgse stasie uit te kom? Ry met die Gautrein, of met Uber, of met jou eie motor, of vra die familie of buurman om jou af te laai.

Lees die inligtingsdokumente: Johannesburg na Durban of Johannesburg na Kaapstad of kontak Gerda by 011 913 2442 vir meer inligting. Jy kan ook ʼn e-pos stuur aan [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.