Breek weg na ons land se top-sneeubestemmings

RiverVilla

Dis ysig koud van kus tot kus en oral tussenin, maar as mens in die sneeu kan baljaar maak jou ysige vingerpunte darem sin! Laat LekkeSlaap.co.za jou dan vergewis van waar ons land se top-sneeubestemmings is, hoe om op hoogte van die sneeu te bly en wat om in te pak voor julle die pad vat.

In Suid-Afrika is sneeu maar ’n wisselvallige verskynsel en dit is juis waarom ons gebruikersvriendelike aanlyn-hulpmiddels soos Snow Report het om sneeusugtiges dadelik in te lig oor waar dié ontwykende wit tapyt neergestryk het. As jy hierdie winter in die wit wil gaan sit, hou Snow Report gerus dop. Hulle webwerf word byna oombliklik opgedateer indien daar sneeu geval het. Boonop kan jy versoek dat hulle vir jou ’n WhatsApp-boodskap stuur met die nuutste inligting oor sneeuval, of jy kan hulle bloot op Twitter volg om onmiddellike kennisgewings op jou foon te kry.

Wanneer die sneeu eers geval het, moet mens egter dadelik reg wees om sak en pak in die kar te spring. Hier is ’n nuttige paklysie vir jou sneeuwegbreek sodat jy net kan afmerk en wegtrek.

 

Hoewel ʼn mens vinnig moet spring om die sneeu te vang as dit eers geval het, wil jy darem ook seker wees jy beland by ’n lekker plek waar jy, ná jou sneeuman gedoop is en buite staan en waghou, by die kaggelvuur kan ontdooi met ’n lekker glas rooiwyn of ’n koppie warmsjokolade. Wel, LekkeSlaap het oudergewoonte ’n paar snoesige plekkies om voor te stel. Hierdie knus kothuise en warm wegbreke is in ons land se mees gewilde sneeubestemmings geleë is en is nét reg om die winterkoue buite te hou!

 

SUTHERLAND

Sterboom Gastehuis

 

As jy ’n Karoodorpie-mens is en boonop sneeu soek, is Sutherland dié sneeubestemming vir jou. Augustus word oor die algemeen as Sutherland se sneeu-maand gesien en dit is gewoonlik die hoërliggende Verlatenkloof-pas wat eerste sneeu sien. Dit is egter ook hierdie pas wat eerste onbegaanbaar raak as dit ’n erge sneeujaar is, so maak seker dat jy genoeg voorraad en verlof het as jy van plan is om hier te bly.

Verlatenkloof Guest Farm
Waar: Langs die R354, 26 km van Sutherland af
Tipe verblyf: Selfsorgkothuise
Aantal persone: 4 – 8 per eenheid
Koste: Vanaf R300 per persoon
Snoesige ekstras: Kaggel en braaiplek
Let wel: Slegs gas en sonkrag. Hout is te koop. Geen selfoonontvangs. Bring eie oortreksels vir beddegoed saam.

Verlatenkloof Guest Farm

 

Kambro Kind & Middelfontein Farm
Waar: Middelfontein is 1,3 km buite Sutherland. Daar is ook blyplek in die dorp self by Kambro Kind.
Tipe verblyf: Kothuise met selfsorggeriewe of basiese geriewe wat met gas werk.
Aantal persone: 2 – 4 per eenheid.
Koste: Vanaf R470 per persoon.
Snoesige ekstras: Kaggel en braaiplek.
Let wel: Een van die kothuise het slegs gas en geen elektrisiteit nie.

Kambro Kind & Middelfontein Farm

 

The Velvet Olive 1881
Waar: Middedorp, Sutherland.
Tipe verblyf: Selfsorgeenhede.
Aantal persone: 2 – 8 per eenheid.
Koste: Vanaf R310 per persoon.
Snoesige ekstras: Kaggel, warm komberse, braaiplek binne en buite, restaurant reg langs die huis.

The Velvet Olive 1881

 

HOGSBACK

Lothlorian Cottage Hogsback

 

As jy tussen Junie en Augustus die Tolkien-agtige dorpie Hogsback in die Oos-Kaap besoek, mag jy dalk net gelukkig genoeg wees om die feetjiewoud wat dié dorpie omring, in wit getooi te sien.

Maple Grove in Hogsback
Waar: Hogsback, sowat 3 km van die middedorp af.
Tipe verblyf: Selfsorgeenhede.
Aantal persone: 2 – 4 per eenheid.
Koste: Vanaf R330 per persoon.
Snoesige ekstras: Kaggel, braaiplek, DStv.

Maple Grove in Hogsback

 

MATROOSBERGE

Klondyke Cherry Farm

 

Vir Kapenaars bied die Matroosberge, sowat 35 km buite Ceres op die Bo-Swaarmoed pad, die beste kans op toeganklike sneeuval. Tussen Julie en September val daar dikwels sneeu in hierdie streek. As dit nie ’n erge sneeujaar is nie, word ’n 4×4 benodig om die berge se versiersuikerpieke te bereik. Ander jare mag daar sneeu op grondvlak val.

Die Matroosberg Privaat Natuurreservaat is oop vir dagbesoekers, maar as jy lekker naby die aksie wil tuisgaan, bespreek gerus by hierdie natuurreservaat se buurplaas, die Klondyke Cherry Farm.

Klondyke Cherry Farm
Waar: In die Kouebokkeveld aan die buitewyke van die Ceres-vallei, Bo-Swaarmoedpad.
Tipe verblyf: Selfsorgkothuise langs die dam of kersieboord.
Aantal persone: 2 – 8 per eenheid.
Koste: Vanaf R590 vir 2 persone.
Snoesige ekstras: Kaggel, braaiplek, vuurmaakhout teen ekstra koste beskikbaar, troeteldiervriendelik.

Klondyke Cherry Farm

 

DRAKENSBERGE

RiverVilla

Suid-Afrika se grootste en hoogste bergreeks, die Drakensberge, sien natuurlik die meeste sneeu. Daar is ’n hele paar plekke in hierdie streek wat gereeld sneeu kry, onder meer Giant’s Castle, Highmoor, die Golden Gate Nasionale Park en Cathedral Peak, asook ’n paar dorpe soos Underberg, Barkley-Oos en Rhodes. Dit beteken egter nie dat die omliggende dorpe nié sneeu kry nie. So, as jy bereid is om ’n sneeusoeker te wees, kan jy by talle snoesige plekkies in dié geweste inklok en dan die pad tot by die sneeu aandurf.

Reedsdell Country Guest Farm
Waar: Op die R393, naby Barkley-Oos in die Oos-Kaap.
Tipe verblyf: Selfsorgverblyf in ’n opgeknapte klipskuur.
Aantal persone: 4 mense.
Koste: Vanaf R800 vir 2 persone.
Snoesige ekstras: Kaggel, muurverwarmers, daaglikse skoonmaakdiens, etes op versoek, braaiplek, troeteldiervriendelik.

Reedsdell Country Guest Farm

 

Tenahead Mountain Lodge
Waar: Naudesnekpas, Rhodes, Oos-Kaap.
Tipe verblyf: 5-Ster-Lodge.
Aantal persone: 2 persone per en suite-kamer.
Koste: Vanaf R2 390 vir 2 persone.
Snoesige ekstras: Kaggel wat vir jou aangesteek word, kroegyskas met voorraad, tee- en koffiemaakgeriewe, DStv, biblioteek, fynproewersdisse en ’n wynkelder op die perseel.

Tenahead Mountain Lodge

 

Eagles’ Rock Mountain Retreat
Waar:  7,7 km buite Underberg op die Drakensberg Gardens-pad.
Tipe verblyf: Selfsorgkothuise.
Aantal persone: 2 – 10 per eenheid.
Koste: Vanaf R630 vir 2 persone.
Snoesige ekstras: Kaggel, braaiplek, WiFi, skoonmaakdiens Maandag tot Saterdag.

Eagles’ Rock Mountain Retreat

 

Tiffindell Ski Resort
Waar: Naby Rhodes in die Oos-Kaap
Tipe verblyf: Ski-oord
Aantal persone: 2 – 12 persone per eenheid
Koste: Vanaf R750 vir 2 persone
Snoesige ekstras: Sentrale verhitting, beddegoed, linne, handdoeke, tee en koffie, ski-toerusting en ‘n ski-permit tydens die wintermaande, aandete en ontbyt, ski-afrigting, “tobbogan”-slee.

Tiffindell Ski Resort

 

Witsieshoek Mountain Lodge
Waar: Aan die voet van Sentinelpiek, naby Phuthaditjhaba in die Vrystaat.
Tipe verblyf: B&B- en 4-ster-selfsorgeenhede.
Aantal persone: 2 persone per eenheid.
Koste: Vanaf R990 vir 2 persone.
Snoesige ekstras: Verwarmers, vloer-tot-plafon-vensters met asemrowende uitsigte oor die Amfiteater, linne, beddegoed, handdoeke, restaurant (bedien ontbyt en à la carte-middagete en -aandete), kroeg.

Witsieshoek Mountain Lodge

 

Berghouse and Cottages
Waar: Noordelike Drakensberge naby Bergville in KwaZulu-Natal, langs die R74.
Tipe verblyf: Selfsorg.
Aantal persone: 2 – 12 mense.
Koste: Vanaf R990 per eenheid.
Snoesige ekstras: Kaggel, vuurmaakhout teen ‘n ekstra fooitjie, daaglikse skoonmaakdienste en ’n selfsorgkombuis (of indien gaste die ontbyt-en-aandete-opsie kies, word ontbyt teen geen ekstra koste nie na jou kothuis gestuur).

Berghouse and Cottages

 

Sycamore Avenue Treehouse Accommodation
Waar: KwaZulu-Natalse Middellande, naby die N3.
Tipe verblyf: Lodge.
Aantal persone: 2 – 6 persone per eenheid.
Koste: Vanaf R1 350 vir 2 persone.
Snoesige ekstras: Kaggels in die meeste eenhede, komplimentêre warm drankies, gratis WiFi, ontbyt en aandete, spa-baddens, privaat balkonne, hangmat-stoele, kroeg, pooltafel.

Sycamore Avenue Treehouse Accommodation

 

Die Long Tom-pas in Mpumalanga en die Cederberge naby Clanwilliam in die Wes-Kaap word ook jaarliks met sneeu gestof, maar dit is gewoonlik ’n baie ligte neerslag en, in die Cederberge se geval, so hoog teen die pieke dat mens dit meestal net te voet kan besigtig. Dit is egter die perfekte keuse as jy nie noodwendig in die sneeu wil speel nie, maar net die wit pieke in die agtergrond wil aanskou.

So, pak solank jou tasse en hou die weervoorspelling dop! Daai witselwit-wegbreek mag jou dalk net binnekort roep.

*Alle tariewe wat vertoon word is akkuraat op die dag van publikasie en mag verander.

Hierdie artikel is verskaf deur Lekkeslaap.co.za en is opgestel deur Adriëtte le Roux.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Reis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae