Dís hoe lank jy vakansie moet hou

Blouhuisie – LekkeSlaap

Dis al weer daardie tyd van die jaar wanneer ’n week met vyf werksdae skaars is. Die talle langnaweke is op elke kalender omkring, en alhoewel ’n vinnige naweekwegbreek hope pret is en jou sommer nuwe lus vir die lewe gee, is dit nie die aanbevole tydperk om met vakansie te gaan nie.

’n Onlangse studie deur Universiteit Tampere in Finland het bewys dat die ideale vakansie agt tot tien dae lank moet duur sodat jy behoorlik kan uitrus. ’n Vinnige wegbreek of langnaweek is net nie lank genoeg nie!

Dié studie se navorsers het 54 vakansiegangers twee weke lank dopgehou en hulle buie gemonitor om te bepaal wanneer hulle op hulle gelukkigste is. Die studie het getoon dat die meeste vakansiegangers teen dag agt op hulle gelukkigste was. Hulle het ook bevind dat die euforie selfs langer kan duur as jy jou daaglikse aktiwiteite deeglik beplan. Boonop spaar jy meer tyd as jy al jou daguitstappies en opwindende doendinge vooraf reël!

Gelukkig hoef jy nie té lank vir jou volgende lang wegbreek te wag nie ─ die Junie-skoolvakansie is om die draai! Hetsy jy tien dae lank in die berge wil wegkruip, wilde diere in die Kaap of Kruger wil bekyk, of agt dae lank op die strand wil lê, LekkeSlaap is hier om in al jou akkommodasiebehoeftes te voorsien.

Nou het jy ’n verskoning om ten minste twee weke verlof te vat en behóórlik te gaan ontspan!

Hierdie artikel is verskaf deur Lekkeslaap.co.za en is opgestel deur Daniëlle Terblanche.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.