Duisende kilometers in ʼn ou kombi

Die kombi waarmee Jaco die lang pad aangedurf het Foto: Jaco Swanepoel (spesiaal verskaf aan Maroela Media)

Die kombi waarmee Jaco die lang pad aangedurf het Foto: Jaco Swanepoel (spesiaal verskaf aan Maroela Media)

My ouma-hulle het jare gelede met die 1970 VW kombi getoer, en op 21 jarige ouderdom het my pa dit vir my gegee en gesê ek moet dit mooi oppas. Ek het drie maande lank in my kombi gebly by Echo Youth, waar ek in Pretoria gewerk het.

Ek is mal oor avontuur. In 2010 het ek en ʼn vriend, Kobus, sowat 5000 km met die kombi aangepak in Suid Afrika: van Johannesburg tot in Kaapstad via Mosselbaai en die Weskus op en selfs deur Springbok.

Nou kyk, as jy een avontuur met hom gedoen het, dan wil jy sommer nog een doen. In 2013/2014 wou ek weer met die kombi die langpad vat, en dit is tóé dat ons besluit om Namibië en Botswana aan te durf.

Ons het binne drie weke 7 000 km met die kombi afgelê, waarvan 3 500 km grondpad was! Ek en my pêl, Louis Hager, het al ʼn jaar tevore besluit om dié avontuur aan te pak.

Ons bly in ʼn ongelooflike mooi land, maar nogtans was Namibië ʼn ongelooflike ervaring: onbeskryflik!

Die roete wat ons aangepak het: Pretoria, Griekwastad, Upington, Mata-Mata, Keetmanshoop, Visrivier-canyon, Lüderitz, Sossusvlei, Swakopmund, Torrabaai, Kamanjab, Etosha Nasionale Park, Rundu, Maun, Francistown, Bela Bela en uiteindelik terug in Pretoria.

Ons belewenis in die canyon en Sossusvlei kan nie in woorde beskryf word nie, dit is werklik een van die mooiste plekke waar ek al ooit in my lewe was!

Een van die hoogtepunte was die drie dae wat ons saam met Jaco Burger en die Himba’s spandeer het. Jaco staan in Namibië bekend as die “Wit Himba-man”, en bly al vir die afgelope 35 jaar by dié stam.

Wanneer die kombi probleme gegee het, het ek die herstelwerk sommer self langs die pad gedoen.

Ons beplan ons volgende toer al reeds van kus tot kus in Suid-Afrika, en ons is dankbaar dat Volkswagen ons grootste borg sal wees vir dié trip. Ek is tans in Indië op ʼn ander avontuur en ek en Louis beplan om in Desember 7 000 km met publieke vervoer in Indië en Sri Lanka te toer.

Tot ʼn volgende keer!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

shaun ·

Eish! dai namibia is mooi boet,di lotto kn my ok nt borg dn dun ek dt weer,ek ht vi 3 maande dar gereis,dt is asof j daar hoort

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.