Duurste hotelle in Suid-Afrika

Die Bay Hotel, Kampsbaai (Foto: Village and Life)

Die Bay Hotel, Kampsbaai (Foto: Village and Life)

Die duurste plekke in Suid-Afrika om te oornag is Kampsbaai en Franschhoek in Kaapstad. Vakansiegangers wat ʼn meer bekostigbare opsie soek, word aangeraai om die Oos-Kaap te besoek.

ʼn Oornagbesoeker aan Kampsbaai kan verwag om ongeveer R1 252 per nag te betaal in die volgende paar maande, en dit is vir die goedkoopste dubbelkamer.

Dít is volgens TravelMag.com wat ʼn opname van die land se hotelpryse gedoen het van 30 gewilde bestemmings vir die seisoen Desember 2015 tot Maart 2016. Die opname sluit hotelle en gastehuise uit wat nie sentraal geleë is nie of minder as 3 sterre het.

Franschhoek is in die tweede plek met ʼn gemiddelde koste van R1 137 per nag.

Marlothpark by die Kruger-wildtuin is in die derde plek met ʼn gemiddelde koste van R993.

Ander voorstede in Kaapstad en Johannesburg het gemiddelde koerse van onderskeidelik R834 en R706 gebied vir die goedkoopste dubbelkamer. Durban is ʼn redelik bekostigbare opsie teen R680.

Die mees bekostigbare bestemming in Suid-Afrika is Port Elizabeth. Besoekers kan in die hoogseisoen verwag om ongeveer R500 per nag te betaal, volgens die opname.

Die tien duurste bestemmings:
1. Kampsbaai R1 252
2. Franschhoek R1 137
3. Marlothpark R993
4. Stellenbosch R978
5. Sandton R964
6. Umhlanga R962
7. Houtbaai R892
8. Hermanus R878
9. Kaapstad R834
10. Paternoster R820

Gemiddeld
11. Somerset-Wes R806
12. Gordonsbaai R777
13. Langebaan R776
14. Pretoria R748
15. George R708
16. Knysna R707
17. Johannesburg R706
18. Plettenbergbaai R704
19. Port Alfred R703
20. Graaff-Reinet R690

Goedkoopste
21. Mosselbaai R688
22. Durban R680
23. Bloemfontein R678
24. Swellendam R677
25. Nelspruit R633
26. St Lucia R619
27. East London R617
28. Oudtshoorn R576
29. Jeffreys Bay R561
30. Port Elizabeth R501

Alle koerse is in die middel van November 2015 getrek via die hotelvergelykingsenjin Kayak.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.