Gedagte vir die dag: Die fontein van lewe

Woud_groen_water_stroom_boekevat_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. (Johannes 4:14)

Wie in Jesus glo, sal genoeg kry om hom nou en tot in ewigheid te bevredig. Sy verhouding is ’n bron van vreugde, ’n fontein van troos. As jy die fondament van sy aardse hoop skud, sal sy hart steeds veilig wees en op die Here vertrou. Die hart is so onversadigbaar soos die graf tot Jesus daarin leef. Dan is dit ’n beker wat oorloop.

Die ware heilige is so tevrede met Jesus dat hy nie langer dors is nie; behalwe dat hy smag na die fontein van die lewe. Dit is die enigste soort dors wat jy behoort te voel: nie ’n pynlike dors nie, maar ’n dors na liefde. Dit is heerlik om te smag na ’n groter genieting van Jesus se liefde.

Bron:
Elke Nuwe Dag, Eenminuut-Oordenkings deur Charles Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

linda ·

die soetste water ooit
dankie Jesus
maak ons vry en steek ons weg onder U liefde my Here

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.