Die Skewe Toring van Pisa. Foto: Traveltriangle.com
ʼn Mens droom gewoonlik van die mees eksotiese plekke op aarde: die Groot Muur van China, die Skewe Toring van Pisa, die Mona Lisa in die Louvre… maar dan is jy totaal ontnugter wanneer jy dit in werklikheid besoek.
Die Groot Muur is vol toeriste gepak, besoekers is besig om eienaarde foto’s by die Skewe Toring te neem, die Mona Lisa is of só klein of daar is só baie ander mense, dat jy dit skaars gesien kan kry.
Die webwerf Travel Triangle het ʼn reeks foto’s gepubliseer: dit wat jy verwag hoe die eksotiese plek gaan lyk, en hoe dit werklik lyk – net om seker te maak dat jou verwagting binne perke bly.
- Die Skewe Toring van Pisa
Die Skewe Toring van Pisa Foto: Traveltriangle.com
Die Skewe Toring van Pisa Foto: Traveltriangle.com
2. Die Taj Mahal in Indië
Die Taj Mahal in Indië Foto: Traveltriangle.com
Die Taj Majal in Indië Foto: Traveltriangle.com
3. Thailand
Thailand Foto: Traveltriangle.com
Thailand Foto: Traveltriangle.com
4. Piramides in Egipte
Piramides in Egipte Foto: Traveltriangle.com
Piramides in Egipte Foto: Traveltriangle.com
5. Die Akropolis van Athene
Die Akropolis van Athene Foto: Traveltriangle.com
Die Akropolis van Athene Foto: Traveltriangle.com
6. Die Stonehenge in die Verenigde Koningkryk
Stonehenge in die Verenigde Koningkryk Foto: Traveltriangle.com
Stonehenge in die Verenigde Koningkryk Foto: Traveltriangle.com
7. Die Trevi-fontein in Rome
Die Trevi-fontein in Rome Foto: Traveltriangle.com
Die Trevi-fontein in Rome Foto: Traveltriangle.com
8. Die Eiffel-toring in Parys, Frankryk
Die Eiffel-toring in Parys, Frankryk Foto: Traveltriangle.com
Die Eiffel-toring in Parys, Frankryk Foto: Traveltriangle.com
9. Die Groot Muur van China
Die Groot Muur van China Foto: Traveltriangle.com
Die Groot Muur van China Foto: Traveltriangle.com
10. Die Klein Meermin in Denemarke
Die Klein Meermin in Denemarke Foto: Traveltriangle.com
Die Klein Meermin in Denemarke Foto: Traveltriangle.com
11. Maledive
Maledive Foto: Traveltriangle.com
Maledive Foto: Traveltriangle.com
12. Die Mona Lisa-skildery in die Louvre-museum in Frankryk
Mona Lisa-skildery in die Louvre-museum in Frankryk Foto: Traveltriangle.com
Mona Lisa-skildery in die Louvre-museum in Frankryk Foto: Traveltriangle.com
13. Mount Everest
Mount Everest Foto: Traveltriangle.com
Mount Everest Foto: Traveltriangle.com
14. Die gewilde Rio de Janeiro-kus
Die gewilde Rio de Janeiro-kus Foto: Traveltriangle.com
Die gewilde Rio de Janeiro-kus Foto: Traveltriangle.com
15. Venesië
Venesië Foto: Traveltriangle.com
Venesië Foto: Traveltriangle.com
16. Die Spaanse Trappe
Die Spaanse Trappe Foto: Traveltriangle.com
Die Spaanse Trappe Foto: Traveltriangle.com
17. ‘n Ski-vakansie
‘n Ski-vakansie Foto: Traveltriangle.com
‘n Ski-vakansie Foto: Traveltriangle.com
18. St. Petrus-plein
St. Petrus-plein Foto: Traveltriangle.com
19. Santorini-eiland in Griekeland
Santorini-eiland in Griekeland Foto: Traveltriangle.com
Santorini-eiland in Griekeland Foto: Traveltriangle.com
20. Sheep Meadow in New York, Central Park
Sheep Meadow in New York, Central Park Foto: Traveltriangle.com
Sheep Meadow in New York, Central Park Foto: Traveltriangle.com
Bron: Traveltriangle, Bored Panda
EISH ! skielik is ek nie meer lus om te gaan nie .
Jip, ek bly dan ook liewer by die huis!
Oh ok…. en Rio ek kom nie meer nie…. ek sal my kind moet cable-tie teen my sodat sy nie moet weg raak tussen al daai mense nie.
Mens moet maar nooit in hoë seisoen gaan nie. Ek was regtig al ampers oral maar gaan nooit bv in Junie/Julie Europa to enie. Oktober is pragtig, dis herfs, die kleure is lieflik en dis glad nie so oorvol nie. Die Maledive foto is hartseer. Great Wall of China – hou verby dankie!Toe ons daar was was daar nie sulke gemors orals nie – dis glo op Everest ook maar so vol rommel. Rio was ek nie wou ook nooit. Santorini was ek asook op ander Griekse eilande en was ook nie so, maar weereens het ek nie in die hoë seisoen gegaan nie. Hoekom is Tafelberg in Des met al die Chinese en hul selfiesticks en goed nie ook hier nie :) – wereens moenie in Des gaan n ie en gaan baie vroeg voor die massas wat hulself aanhoudend afneem daar kom. Ons het regtig ons tye mooi beplan en was nooit so vertrap nie.
Lees gister dat die nederlander en suid afrikaner wat die naweek op Everest gesterf het, dalk juis oor die groot hoeveelheid mense op die berg gesterf het. Hul moes te lank in die yl lug wag voordat hul die laaste stuk kon beklim.
Stem saam, as jy in vroee lente of herf gaan is dit pragtig en nie besig nie, ook goedkoper.
beslis die moeite werd. Maar dan so is Suidelike Afrika.
Ek toer eerder Suid Afrika,Namibie en Mosambiek dankie
Vat jy daai woorde so uit my mond…
Ek het sopas die Trevi fontuin in Rome beleef!! En dis beslis soos Dit hier verskyn Maar Nie te min Dit is ‘n belewenis! Dan Moet Ek ook by sê Suid-Afrika bly steeds my Nommer een!!
Ja, ek het self al deur groot dele vd wereld getoer. Kairo is een reuse garbage-dump. Die eerste paar piramides van die dag impress, maar as jy die 4e keer deur een of ander Arabier verneuk word, word jy gatvol en verlang bosveld toe. Ek is so vertrap deur die crowd van 1 miljoen in Mall of Dubai, Ferrari World in Abu Dhabi is “n rip-off. Die massages in Thailand is darem lekker. Toerisme is baie over-rated. Jy bloei geld en wonder telkemale of dit die geld werd was…
Genugtig. Dankie vir die mooi fotos. ht almal nou gsien en dit was genoeg. ek sal graag eendag dit eerstehands wil ervaar maar na dese dink ek ek sal eers wag.
Ek het Egipte in 2006 besoek vol verwagting. Ek het gehoop om die piramides te sien soos wat ek dit in foto’s gesien het. Wat ‘n teleurstelling! Dit het opdie Lughawe begin waar die Egiptenare besig was om dit te herbou! Plaas laat ek weer terug op ‘n vliegtuig klim gaan ons groep na die Piramides toe. Rommel het rondom die piramides gele(koeldrank bliktjies, kos papiere en oorskiet kos.) Teen die eenkant was daar ‘n properse plakkerskamp en oorkant die straat n vuil eetplek. Ek kyk toe na die groot sandsteen blokke. Gehoop Aliens het die piramides gebou maar kom toe agter die Egiptenare het dit self gedoen. Baie mense en diere het die blokke van ‘n nabygelee “Quarry” gesleep en ‘n “ramp” van grond gebruik om die piramides laag vir laag te bou. Dit is maar swak gedoen maar ja, wat sal ‘n klomp Egiptiese Konings, wat ‘n goeie klap van “Ulusions of Grandeur” weg het doen nie!! Herhinder my nogal aan ZUMA en NKANDLA. Ek het darem nie ‘n “Firepool” gesien nie. Bakermat van die beskawing se gat!!
Bly liewer in eie land daar is baie mooier plekke om te sien en goedkoper ook
Gaan ook maar net so in Parys en ander ‘gesogte’ wêreldstede. Toeriste word van een bestemming na die volgende soos in ‘n worsmasjien gestop met net genoeg tyd vir ‘n vinnige foto.Geen wonder nie dat die mense van veral Europa nie meer die massas mense en die oorvol paaie kan hanteer nie en uitwyk na oa Suid-Afrika waar daar nog oopte is.
En dan kla ons, en betaal ‘n fortuin om dit tebeleef !
Nee dankie ek bly tuis.