Kampkuiers en buitelugbederf

Argieffoto (Foto: JoshMo/Pixabay)

Wat is dan nou saliger as ʼn tentjie wat jy iewers in die bosveld opgeslaan het, ʼn vuurtjie wat knetter en ʼn vleisie wat braai op die kole?

Of jy nou met ʼn karavaan in die bosveld kampeer, ʼn tent in die Drakensberge opgeslaan het, ʼn staptog in die Sederberge onderneem of sommer net ʼn piekniekkombers onder die sterre in jou agtertuin oopgesprei het, dit is goed vir mens se gemoed om bietjie in die buitelug te kom en weg te breek uit die stad se dolle gejaag.

Maak seker dat jy eers by Maroela Media se aanlyn winkel, Die Koöperasie, aanklop voor jy die langpad aandurf – ons het die lekkerste buitelugbederf wat jy gaan benodig!

Kampporselein

Kampporselein (Foto: Maroela Media)

Hierdie stelletjie kampporselein (twee blikborde en twee blikbekers) is net wat jy nodig het om jou liefde te bewys – vir jou geliefde, ons taal en ons mooie natuur. Die blikbeker is net so taai soos jou kanniedood-oupa. Dié bekertjie is net so tuis om die kampvuur as in jou ouma se sitkamer. (Malvalekkers nie ingesluit nie.)

Koop Kampporselein (twee blikbekers, twee blikborde) nou in Die Koöperasie vir slegs R130-00.

Boland-gedigte op boereporseleinbekers

Die vier strofes uit NP van Wyk Louw se gedig, Vier gebede by jaargetye in die Boland is elk op ʼn blikbeker van hoë gehalte wat net so mooi op tannie Hannie se geelhouttafel in die eetkamer kan pronk as om die kampvuur tydens jou volgende staptoer. Hierdie blikbekers is ideaal vir iemand wat net so lief is vir Afrikaans soos jy.

Koop die Boland-gedigte-blikbekers (vier blikbekers) nou in Die Koöperasie vir slegs R260-00.

Blikbekerstel

Egte Boereporselein-blikbekers in Maroela se Koöperasie

Koop ʼn stel boereporselein-blikbekers vir tannie Annetjie wat so afgunstig na joune kyk. Nou kan sy haar stel Royal Albert-rooinekkoppies vervang met bekers wat net so tuis is in haar voorkamer as die drie eende teen die muur.

Koop die stel blikbekers (ses blikbekers) nou in Die Koöperasie vir slegs R130-00.

Blikbord

Dié borde is tuis op jou kamptafel of in die kombuis saam met jou boereporselein-blikbekers. Hierdie boereporselein is net so taai soos jou kanniedood-oupa.

Koop ʼn blikbord nou in Die Koöperasie vir slegs R35-00.

Voortrekkers kook-resepteboek

Voortrekkers kook-resepteboek (beskikbaar in Die Koöperasie)

Wat maak ʼn kamp so lekker? Dis koffie, pap en wors! Voortrekkers kook is ʼn resepteboek wat vinnige en lekker resepte bevat. Dit sluit onder andere resepte in vir stokbrood, trekkerbrood, biltongpotjie, mieliekoekies, mieliepapdoughnuts, pampoenpoffertjies, gebakte koeksisters, vlagpoeding en nog baie meer.

Koop Voortrekkers kook nou in Die Koöperasie vir slegs R190-00.

Maak vyf-resepteboek

Foto: Maak vyf/Neville Lockhart

Maak vyf opwindende nuwe disse uit een doodgewone, alledaagse bestanddeel in jou kombuis. Almal van ons soek soms na inspirasie en wil iets nuuts probeer met dit wat in ons koelkaste en koskaste wag. Maak vyf-resepteboek kom tot die redding. Selfs botterskorsie of aartappels, geblikte tamatie of droëbone kan in iets vars en opwindends omskep word. Met maklike hoofgeregte, ligte maaltye, interessante bykosse, slaai, voor- en nageregte is hier oorgenoeg idees vir sowel spesiale geleenthede as vir gesinskos. En dalk word een van die eenskotteldisse nog jou nuwe gunsteling!

Koop Maak vyf nou in Die Koöperasie vir slegs R170-00.

Oom Boet se boeretroos

Geen kamp is volledig sonder ʼn pot boeretroos wat vroegoggend op die kole in ʼn blikketel geprut word nie. Oom Boet se boeretroos word gemaak van die beste bone van reg oor Afrika. Dit word gekweek in ryk, vrugbare grond. Die tradisionele handroostermetode word gebruik om jou koffie perfek te rooster.

Koop Oom Boet se boeretroos nou in Die Koöperasie vir slegs R85-00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gys ·

“Die rus is elders” van Totius sal die perfekte gedig op so ‘n beker wees.
Of Koos du Plessis se “Wie weet”.

Stephan de S ·

Ek geniet die idee v boereporselein en die afrikaanse woorde en terme. Wonderlik. Afrikaanse ondernemers moes al lankal ons kultuur bemark het en geld daaruit verdien. Die bekendheid en naam (reputasie) vd ou engelse en hollandse en duitse produkte berus maar net op die feit dat hulle al “eeue ” lank geld maak uit hulle kulture.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.