Kom leef jou kreatiwiteit uit! Pretdag in Bronkies

Argieffoto (Foto: bluemorphos, Pixabay)

Bernina Gezina, in samewerking met Loerie Jeugsentrum hou op 3 Maart 2018 ʼn pretdag in Bronkhorstspruit.

Die doel van die pretdag is om mense weer bewus te maak van hul eie kreatiwiteit deur die aanbieding van gratis inligtingsessies en klasse wat betrekking het op naaldwerk en borduurwerk, asook patroonuitleg.  Plaaslike entrepreneurs wat handgemaakte items maak, kan boonop ʼn gratis stalletjie bespreek om hul produkte daar bekend te stel, of te verkoop.

Die kinders word natuurlik glad nie afgeskeep nie – hope pret word vir hulle gereël, wat verfwerk, die versier van kolwyntjies, skattejag en nog vele meer insluit.

Alle aktiwiteite en klasse is gratis.

Almal wat die dag ondersteun het ʼn geleentheid om ʼn gelukkige prystrekking te wen, of om vir ʼn geskenk in aanmerking te kom.

Vir meer inligting, kontak Bernina Gezina by 012 3350024, of stuur ʼn e-pos na [email protected]

Loerie Jeugsentrum bied ʼn veilige en stabiele hawe aan ʼn groep kinders van alle ouderdomme wat weens omstandighede nie deur hul ouers versorg kan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.