Bernina Gezina, in samewerking met Loerie Jeugsentrum hou op 3 Maart 2018 ʼn pretdag in Bronkhorstspruit.
Die doel van die pretdag is om mense weer bewus te maak van hul eie kreatiwiteit deur die aanbieding van gratis inligtingsessies en klasse wat betrekking het op naaldwerk en borduurwerk, asook patroonuitleg. Plaaslike entrepreneurs wat handgemaakte items maak, kan boonop ʼn gratis stalletjie bespreek om hul produkte daar bekend te stel, of te verkoop.
Die kinders word natuurlik glad nie afgeskeep nie – hope pret word vir hulle gereël, wat verfwerk, die versier van kolwyntjies, skattejag en nog vele meer insluit.
Alle aktiwiteite en klasse is gratis.
Almal wat die dag ondersteun het ʼn geleentheid om ʼn gelukkige prystrekking te wen, of om vir ʼn geskenk in aanmerking te kom.
Vir meer inligting, kontak Bernina Gezina by 012 3350024, of stuur ʼn e-pos na [email protected]
Loerie Jeugsentrum bied ʼn veilige en stabiele hawe aan ʼn groep kinders van alle ouderdomme wat weens omstandighede nie deur hul ouers versorg kan word nie.