Kom ry lekker saam op ʼn oornagtrein

Foto: JB Train Tours

Wanneer laas het jy op ʼn oornagtrein geslaap? Of “spoorwegkos” geëet? Het jy al ʼn trein se ysterwiele op die spore gehoor? Het jy al die son sien sak in die Karoo soos vanuit ʼn treinvenster gesien?

Indien nie, besoek gerus JB Train Tours se webwerf en sien die verskeidenheid van trein- en vliegtoerpakkette wat hulle aanbied vir oud en jonk.

JB Train Tours se webwerf bied ook meer inligting oor toerdatums, bestemmings, uitstappies, pryse en treine. Lees ook watter ander mense sê oor hul ervarings op toere saam met JB Train Tours.

Dis hoog tyd dat jy ook begin saam treinreis.

Treinry is soos om grondboontjies te eet – mens kry nooit genoeg nie en wil ook nie ophou wanneer jy eers begin het nie. Om in Suid-Afrika op ʼn oornagtrein te ry is om in die geskiedenis terug te gaan – dis nostalgies, lekker en sorgvry. Volwassenes word weer kind, ouer mense word weer jonk en kinders ervaar wat die ou mense reeds ken.

Ry saam met JB Train Tours vanaf Johannesburg & Kaapstad (en die stasies tussen in) na verskeie bestemmings in Suider-Afrika.

Kom ervaar weer outydse lekkerkry in ʼn nuwerwetse omgewing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.