Kom saam! ʼn Unieke storiebustoer deur Namakwaland

Foto: Johann Ebersohn

Pak solank jou tasse: vroeg in Augustus gaan Maroela Media saam met ons lesers die mooiste blomme en stories in Namakwaland soek!

Entoesiaste oor die hele land en selfs oorsee kan gewoonlik nie wag vir die blommeseisoen om aan te breek nie. Die asemrowende verandering van Namakwaland en die omliggende blommeland is ʼn skouspel van kleur en geur.

Mike Spies, eienaar van Namakwa Toere, reken 2019 se blommeseisoen gaan beslis nie teleurstel nie. “Namakwaland self het meer as 3 500 verskillende spesies blomme, om nie eens te praat van die omliggende omgewing soos die Olifantsriviervallei, die Bokkeveld en die suidelike deel van die Weskus nie! Hierdie gebiede spog jaarliks met hul eie verskeidenheid blomme!”

Maroela Media gaan saam met ons lesers op ʼn bus klim om dié skouspel eerstehands te beleef.

Anna Davel (Foto verskaf)

Ons gaan lekker lag en gesels op die bus op soek na die mooiste blomme en in die aande gaan ons om ʼn kampvuur stories vertel: ons het reeds ʼn paar storievertellers uit die omgewing wat ons met hul streekstaal gaan bekoor. Die sangeres Anna Davel kom ook saam en sy gaan die stories inkleur met haar musiek – liedjies is ook mos stories!

Op hierdie unieke vyfdagtoer besoek ons dele van die Weskus, die Knersvlakte met sy versteekte skatte en ook die Olifantsriviervallei. Ons besoek ook natuurlik die karaktervolle Nieuwoudtville. Wat dié toer nog meer uniek en spesiaal gaan maak, is dat ons vir die duur van die toer by Namaqua Lodge gaan oornag en dan kan ons van daar in die verskillende rigtings wawiel – na gelang van waar ons hoor die mooiste blomme te sien is. Jy hoef dus boonop ook net een keer uit te pak en in te pak!

Op hierdie toer gaan vreemdelinge vriende word, en vriende familie.

Kom saam met Maroela Media op hierdie unieke storiebustoer en kom beleef self die geheim van ’n semiwoestyn wat een keer ’n jaar in ’n paradys verander.

Moenie die bus mis nie! Maroela se storiebus reis van 7 tot 11 Augustus 2019 deur Namakwaland. Dit kos slegs R10 000 per persoon wat deel en R12 000 vir ʼn enkelkamer.

Vir meer inligting oor die toer, die toerprogram en besprekings, vul die onderstaande kontakvorm in en ʼn verteenwoordiger sal jou kontak.

Ek stel belang!

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.