Lekker doendinge by LekkeSlaap se gewildste vakansiebestemmings

Jacuzzi Apartment (LekkeSlaap.co.za)

Dié tyd van die jaar voel dit mos of die horlosie stadiger begin tik. Jou vakansie is bespreek, die meeste van die geskenke is al toegedraai, peuselhappie-resepte is al nader getrek, alles is haarfyn beplan. Maar nou voel elke dag op kantoor langer as die vorige een ─ hoe meer jy na jou langverwagte, welverdiende blaaskans uitsien, hoe langer voel dit voor daardie blaaskans ’n werklikheid word. Laat staan vir ’n oomblik jou dagtake en kyk watter wonderlike doendinge by LekkeSlaap se sewe gewildste vakansiebestemmings vir jou wag, dan is die vakansie ook sommer ’n paar minute nader!

Langebaan


Langebaan (Bigstock)

Langebaan is nie net vir Kapenaars ’n gunsteling-naweekbestemming nie. Elke Desember stroom Suid-Afrikaners van heinde en verre na dié rustige strandmeerdorpie aan die Weskus, en met goeie rede ─ Langebaan se lys doendinge is lekker lank!


Seilplankry (Bigstock)

LekkeSlaap se gunsteling-doendinge in Langebaan:

Blouberg


Blouberg (Bigstock)

“Die golwe weet waar breek die branders ─
Hulle dink hulle’s vry
Die wolke wentel in die hemel maar
Op die winde moet hul ry
Dis vroeg in die dag, op Blouberg se strand …”

Dié pragtige strand spog nie verniet met sy eie liedjie nie ─ dit bied die mooiste uitsig op Tafelberg en sonsondergange wat ’n mens van jou asem beroof. Vakansiegangers wat die nuwe jaar hier vier, het legio doendinge om van te kies.


Sonsondergang (Bigstock)

Hier is LekkeSlaap se gunstelinge:

Hermanus


Hermanus (Bigstock)

Duisende feesgangers drom elke September in dié skilderagtige dorpie saam om te kyk hoe die noordkapperwalvisse in Walkerbaai baljaar. Teen Desember is die reuse diere al vort, maar daar is steeds heelwat te sien en te doen in hierdie gewilde dorpie.


Haaihokduik (Bigstock)

Moenie die volgende doendinge en besienswaardighede misloop as jy hierdie jaar aan die voet van Maanskynkop gaan rus nie:

  • Pret op die strand en in die branders by Voëlklip- en Grotto-strand
  • Voetslaan in Fernkloof-natuurreservaat
  • Tandem-valskermsweef
  • Haaihokduik by Gansbaai
  • Kajak-avonture in Walkerbaai
  • Perdry
  • Bergfietsry (Die roete vanaf De Kelders tot by Hermanus is veral baie gewild)
  • Zipline in die Hottentots Holland-natuurreservaat
  • Wynproe in die Hemel-en-Aarde-vallei
  • Vierwielmotorfietsritte deur Hamilton Russel- en Southern Right-wynlandgoed se wingerde tot in Fernkloof-natuurreservaat se fynbos

Hartenbos


“Hartenbos” deur Joke Van Niekerk (flickr)

Die rede dat dié dorpie altyd ’n jaar voor die Desembervakansie al vol bespreek is, kan met een woord opgesom word: gees! Duisende tente en karavane word jaarliks hier staangemaak vir ʼn maand van braai, sonbaai en kattemaai.


Valskermsweef (Bigstock)

Alhoewel dié drie doendinge hoogty vier, raai ons jou aan om die volgende doendinge ook te oorweeg:

Knysna


Knysnaloerie (Bigstock)

Danksy Fiela se Kind en Kringe in ’n Bos weet almal waar Knysna is en danksy sy strandmeer, skilderagtige Koppe, en rustige boheemse atmosfeer, is die dorpie se gastehuise en B&B’s elke Desember tjok-en-blok vol.


“A Whale Called Eden” deur Isaac Kohane (flickr)

’n Salige skemerkelkie-vaart op die strandmeer is ’n moet, maar jy sal spyt wees as jy nie ook ’n paar van die volgende doendinge in jou dagboek neerpen nie:

Jeffreysbaai


23_Billabong deur gaftels (flickr)

Jeffreysbaai se sonderlinge vorm en ligging sorg daagliks vir ’n branderskouspel wat menige branderplankryer ’n knop in die keel gee. Die wêreld se beste branderplankryers meet elke jaar kragte in dié baai se legendariese branders tydens die Billabong Pro.


Skubaduik (Bigstock)

Min van ons het genoeg hare op ons tande om die branders by Supertubes te trotseer, maar daar is gelukkig heelwat ander doendinge om jou en die res van die gesin besig te hou:

Margate


“Another Early Morning” deur Pieterjan Grobler (flickr)

’n Mens hoef nie baie lank in Margate te vertoef om te besef waarom duisende Gautengers elke jaar soos klokslag op die N3 klim nie. Margate se waters is warm, sy klimaat subtropies, en die gelate atmosfeer wat hier heers, verdryf in ’n japtrap al die Oujaar se sorge!


“Butterfly” deur Conal Gallagher (flickr)

Sit hierdie Desembervakansie ’n paar doendinge benewens braai en sonbaai op jou doenlysie.

Daar het jy dit! LekkeSlaap het sopas gesorg dat ’n paar minute tussen jou en jou Desembervakansie verbyvlieg. En, as jy jou boonop jou ledige dae op die strand met ’n paar opwindende doendinge wil opkikker, weet jy ook nou presies wat naby jou uitspanplekkie te vinde is. Volgende stop ─ vakansie!

Hierdie artikel is verskaf deur Lekkeslaap.co.za en is opgestel deur Herman Botha.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.