Lufthansa bied binnekort laekostevlugte na Suider-Afrika

'n Kunstenaarsvoorstel van die Eurowings-vliegtuie Foto: Lufthansa

‘n Kunstenaarsvoorstel van die Eurowings-vliegtuie Foto: Lufthansa

Die Duitse lugdiens Lufthansa, het groot planne in die pyplyn om vanjaar met ʼn laekostelugdiens vir langafstandvlugte te begin.

Suid-Afrikaners is gewoond aan laekostelugdienste soos Mango, FlySafair en Kulula, maar dié lugredery bied grootliks net binnelandse vlugte.

Lufthansa se planne ondersoek die moontlike samewerking van ʼn Turkse-lugdiens in die ontwikkeling van ʼn herskepte handelsmerk, genaamd Eurowings. Dit sal dié produk wees wat gebruik sal word om die goedkoper langafstandvlugte aan te bied.

Die moontlikheid is op die tafel dat die beplande roete Suider-Afrika kan insluit.

Dit is natuurlik ’n goeie besluit van Lufthansa, aangesien lugdienste soos EasyJet en Ryanair hulle groot opdraande gee in Europa wat kaartjiepryse betref.

Wat beteken laekostelangafstandvlugte?

Die reisiger sal ʼn keuse hê tussen opsies waar hy/sy byvoorbeeld ʼn tas wil saamneem en die kaartjieprys word daardeur bepaal. Pryse sal ook beïnvloed word deur passasiers se keuse van eetgoed tydens die vlug. ʼn Mens betaal dus slegs vir dit wat jy wil hê en ekstras sal nie vanselfsprekend ingesluit wees nie.

Eurowings sal nie gevestig wees in een van die hoof Duitse stede nie en sal vlugte net na spesifieke bestemmings aanbied (ʼn voorbeeld is soos Mango wat van Lanseria af vlieg, maar nie SAL nie). Dit sal verseker dat Lufthansa nie sy eie kompetisie word nie.

Die uitbreiding is hoofsaaklik gefokus op vakansiebestemmings soos Florida in Orlando en bestemmings in die Indiese Oseaan en Suider-Afrika.

Die Eurowings-vloot sal uit drie A330-200 vliegtuie wat elk tot 310 passasiers kan vervoer, bestaan.

Dis nog nie duidelik wanneer die vlugte sal begin of na watter bestemmings in Suider-Afrika Eurowings sal vlieg nie, maar dit kan reiskoste tussen Afrika en Europa aansienlik verminder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Dankie Lufthansa . Dit raak tyd dat die bankrot SAA met sy rowerbende opposisie kry en ek hoop hulle word gesluit. Swak diens en ongeskikte en lui personeel is mos hul motto .Ons eens trotse SAL is weens BEE gereduseer tot n verleentheid.

Anton Smit ·

Ons mooie Suid -Afrika is gereduseer tot n verleentheid deurBEE.

Gideon Erasmus ·

Kan nie wag om van julle gebruik te maak nie- SAL sal my nooit weer sien nie!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.