[Luister] Die geheime van Namakwaland

 Bluebells_NG-kerk_Nieuwoudtville.jpg

Die NG-kerk op Nieuwoudtville (foto: Namakwa Toere)

Namakwaland lê vol ongelooflike geheime. Nie net in die natuur nie, maar ook in die mense. Dit is ʼn gebied met soveel stories, soveel nostalgie en soveel kleurvolle mense!

Een van dié geheime is die Knersvlakte van Namakwaland. Dié klipperige, heuwelagtige omgewing is gesaai met dwergagtige vetplantjies wat soos ʼn sprokieswêreld lyk die oomblik as daar ʼn druppel of twee op daai plantjies val. Selfs al is daar nie reën nie, kan jy net deur op jou knieë te gaan staan, die mooiste uniekste plantjies gewaar.

Hongerblomme, galsoogmagrietjies_katsterte_Niewoudtsville.jpg

Veld vol hongerblomme, glasoogmagrietjies en katsterte, Nieuwoudtville (foto: Namakwa Toere)

Dit is nogal moeilik om te glo dat ʼn klein plekkie soos Nieuwoudtville uniek kan wees. Nietemin staan dié dorp inderdaad bekend as die bolplant-hoofstad van die wêreld. Geen ander plek ter wêreld het meer bolplant-spesies as dié gebied nie. Dan is daar ook die kokerboomwoud – weer eens die grootste ter wêreld! Die kerk op die dorp het ook ʼn interessante geskiedenis wat onder meer ʼn formele begrafnis van ʼn vark insluit!

Dié area is nie net gevul met die mooiste blomme nie, maar het ook die rykste stories. Stories soos dié van Nieuwoudtville se vark, kan jy net hoor en beleef as dit vertel word deur die Namakwalanders self. Daar is ook die storie van ʼn boer wat nie sy wapens wou teruggee ná die oorlog nie en die geweerlope gebruik het om ʼn heining te span. Die heining staan nog steeds! Dan is daar ook die storie van Bowusdorp wat te groot geraak het en die kerk, die polisiestasie en klompie huise wat letterlik afgebreek is en geskuif het na Wuppertal, 8 km verder.

Luister na die gesprek wat Egbert Brink van Radio Namakwaland gevoer het met Mike Spies, eienaar sowel as die toergids van Namakwaland Toere. Mike is in murg en been ʼn Namakwalander. Hy vertel meer oor die ongelooflike avontuur!

Kom kyk en luister …

Namakwaland_toerbus.jpg

Die luukse toerbus (foto: Namakwa Toere)

Wil jy Namakwaland in sy ware kleure ervaar? Nie net die kleur van blomme nie, maar ook van die kleurvolle mense en hulle stories. Dan word dit nog ʼn stappie verder gevat met Anna Davel wat die  stories gaan inkleur met note en harmonie!

Jy kan uitsien na gesellige aande vol sang en musiek, stories en nostalgie … ons bring selfs storievertellers vanuit die kontrei om saam te kom gesels en ons verseker dat jy gaan lag tot jou tande droog is.

Ons nooi jou saam: Maroela Media se Storiebus-toer deur Namakwaland vind plaas van 7 tot 11 Augustus. Pryse vir die toer is slegs R10 000 per persoon wat deel en R12 000 vir ʼn enkelkamer. Vul die vorm hier onder in vir meer inligting en om die volledige toerprogram te ontvang. Ons kontak jou gou!

Ek stel belang!

Oops! We could not locate your form.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Maria ·

My ouma en oupa en my pa kom van daaraf. Hi! Ek hoop “droom”sal gaan eendag gaan voordat ek doodgaan en jammer vir my kinders dit waar my AS gaan .Mooi wereld x

Theo ·

Eerste keer dat ek hoor dat Bowesdorp se inwoners na Wuppertal toe geskuif is! Die antwoord is Kamieskroon.

Hein ·

Nieuwoudtville is in die Hantam, nie Namakwaland nie.
Bowesdorp is regte naam.

Herman P ·

Buitensporing geprys! VANAF slegs R25800 vir ‘n couple vir ‘n paar dae in ‘n bus met dalk oorslaap in gastehuis? Nee regtig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.