Maak jou huisie-by-die-see-drome waar

Negester Onrusrivier

Die Overbergse kusdorpie Onrusrivier, net ʼn klipgooi van Hermanus, het die afgelope paar jaar ʼn voorkeurbestemming vir vyftigplussers geword. Hierdie omgewing bied aan inwoners en vakansiegangers topklas wynlandgoedere, swemstrande, gholfbane, winkelsentrums, restaurante, ʼn Mediclinic-hospitaal en nog vele meer. En, met sy ideale ligging, maak Negester Onrusrivier dit nou vir jou moontlik om in hierdie veilige pragomgewing – tussen berg en see – te kom nesskop.

Ons huisie by die see

Dié beveiligde leefstyl-landgoed skakel mooi in by Onrusrivier en omstreke met aanloklike ontwerp-elemente soos outydse stoepe, lae mure en landskapstuine. Die verskeidenheid van tydlose argitektoniese style herinner aan onder ander Stellenbosch se Dorpstraat en sluit ook in die kenmerkende Kaaps-Maleise styl en ‘n gemaklike moderne plaashuisstyl.
Negester Onrusrivier bestaan uit 125 eietitel-eiendomme. Verskeie plot-plan-pakkette van twee of drie slaapkamerwonings met ʼn dubbel- of enkelmotorhuis is beskikbaar. Ondervloerse verhitting en ʼn braaikamer is addisionele opsies. Die huisgroottes wissel van 135 tot 205 m². Voltooide woonhuise se pryse begin by R2 830 000. Sedert Negester Onrusrivier se bekendstelling in Oktober 2013 is 72% van die eietitel-eiendomme reeds verkoop.

Negester Onrusrivier

ATKV as gemoedsrus-ontwikkelingsvennoot

Die ATKV-direksie het ongeveer sewe jaar gelede ʼn diversifikasiestrategie aanvaar om ondermeer betrokke te raak by die ontwikkeling van leefstylbehuising vir die vyftigplusser-groep. Volgens Schalk Cilliers, ATKV-Sake se besturende direkteur, was dit ATKV-Sake se strategie om ʼn voetspoor van beveiligde leefstylbehuising in Suid-Afrika te vestig. Negester Klein-Kariba en Negester Onrusrivier was die begin van die uitvoering van hierdie strategie.

ʼn Toevlugsoord vir sagtesorg

Negester Onrusrivier bied ook ʼn moderne en goed toegeruste sorgsentrum met 50 wooneenhede wat verhuur word. Dié sentrum het op 1 Desember 2014 sy deure geopen en drie sorgpakkette is beskikbaar: Basiesesorgpakkette vanaf slegs R8 800 p.m., hulpsorgpakkette vanaf R15 400 p.m. en verswaktesorgpakkette vanaf R19 300 p.m. Die moderne en suite-wooneenhede is almal toegerus met ʼn kombuisie (‘kitchenette’). Die sorgsentrum beskik oor ʼn gesellige eetvertrek, sitkamer met kaggel, dameskroeg, klein biblioteek, haarsalon en kliniek.

Tuisversorging word as ʼn standaardopsie deur Medwell, ons mediesesorgdiensverskaffer, aangebied. Medwell spesialiseer in raakvat en gewaardeerde gemeenskaps-, mediese ondersteunings- en verplegingsdienste. Hulle beskik oor ʼn praktyknommer wat hulle in staat stel om in sekere gevalle kostes vanaf die mediese fondse namens die inwoner te verhaal. “Dit is ook ons oogmerk om tuisversorging by elke Negester as ʼn standaarddiens aan te bied, asook om moderne en goedtoegeruste sorgsentrums te bou wat aan inwoners se mediese behoeftes kan voldoen en sodoende verdere gemoedsrus te verseker,” aldus Schalk Cilliers.

Negester Onrusrivier

Skyn helder!

Die bekende Afrikaanse skrywer en digter DJ Opperman se gedig, Negester en stedelig, het gedien as inspirasie vir die naam en die ontwikkeling van die handelsmerk en slagspreuk, Skyn helder! Die Negester-visie het hierop voortgebou, naamlik die ontwikkeling en bestuur van volhoubare, beveiligde en gewaardeerde leefstyl-landgoedere, waar die totale menswees van die vyftigplusser-groep gekoester kan word. En, soos met Opperman se gedig, “Onthou altyd aan jou dade grens ʼn ewigheid […] en mag die Suiderkruis en Negesterre witter as die stedeligte in jou siel bly skitter,” glo Negester Onrusrivier dat sy leefstyl-landgoed juis so ʼn volhoubare omgewing aan sy inwoners bied.

Skakel Elmar van Tonder by 081 534 5604 ([email protected]) óf Basie Oelofsen by 083 259 7597 ([email protected]) om meer oor ons plot-en-plan- en sorgpakkette uit te vind en jou huisie-by-die-see-droom op Onrusrivier te kom bewaarheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.