‘n Blink toekoms wink vir dié toeristedorpies

Bespreek nou by Avondrust Guest House and B&B in Graaff-Reinet op LekkeSlaap.co.za

Bespreek nou by Avondrust Guest House and B&B in Graaff-Reinet op LekkeSlaap.co.za

[promosie-artikel]

Volgens die skaduminister van toerisme, James Vos, is die wenresep vir ’n suksesvolle toerismebestemming ’n kombinasie van die dorp se omgewing, besienswaardighede, kultuur, geskiedenis, vriendelike inwoners en, natuurlik, bemarking. Suid-Afrika is deurspek met droombestemmings en al hoe meer kleiner dorpies is deesdae getossel en getooi om toeriste te verwelkom. Elke pas het ’n padstal vir moeë reisigers en elke slaperige kusdorpie het ’n pragtige swemstrand waar die kroos veilig kan baljaar. Die doendinge en toeriste-aanbiedinge in ons land is eksponensieel aan die groei en dít maak akkommodasie-eienaars optimisties oor die toekoms van toerisme in hul dorpe!

LekkeSlaap het by sowat 2000 van ons akkommodasie-eienaars gaan aanklop en gevra wat hulle van die toekoms van toerisme in hul dorpe dink. Ons het ’n ranglys saamgestel van dié dorpies wat hul toekoms in die toerismebedryf die rooskleurigste ag. Saam met die plaaslike toerismegenote het ons probeer uitvis watter bestanddele van die wenresep elk van dié bestemmings so vooruitstrewend maak!

Volgens ons meningspeil is die Top-10 mees positiewe dorpe:

  1. Simonstad (100% positief)
  2. Robertson (100% positief)
  3. Yzerfontein (100% positief)
  4. Bela-Bela (95% positief)
  5. Onrus (94% positief)
  6. Strand (94% positief)
  7. Danabaai (93% positief)
  8. Graaff-Reinet (93% positief)
  9. Agulhas (92% positief)
  10. St Helenabaai (92% positief)

Die Wes-Kaap het by verre koning gekraai met Simonstad, Yzerfontein en Robertson wat almal 100% positief was oor die toekoms van toerisme in die dorp!

Bespreek nou by Simonsberg Heights in Simonstad op LekkeSlaap.co.za

Bespreek nou by Simonsberg Heights in Simonstad op LekkeSlaap.co.za

Simonstad:

Simonstad wemel konstant van toeriste. Buiten ’n magdom geskiedkundige besienswaardighede en museums is dié vlootdorpie ook gewild te danke aan Boulders-strand en sy ligging naby Kaappunt. Daar is skouspelagtige uitsigte om elke hoek en draai en elke winkelklerk en kelner begroet jou met ’n reuse glimlag wat jou sommer tuis laat voel. Internasionale én plaaslike toeriste sal altyd ’n hele paar redes hê om hier in Simonstad te kom kuier.

Yzerfontein:

Die Weskus het ’n lekke hupstoot gekry sedert West Coast Way ’n paar opwindende roetes langs die kus bekendgestel het en baie plaaslike dorpe en instansie-eienaars betrek het. Yzerfontein is op die sogenaamde “Scenic Route” geleë, en met goeie rede! Die dorp word omring deur natuurskoon soos die Sestienmylstrand én die Weskus Nasionale Park wat albei jaar na jaar meer besoekers lok. Te danke aan dié pragtige omgewing en die nuwe blootstelling en entoesiasme wat onlangs hier gekweek is, blom Yzerfontein deesdae al hoe meer as toeristebestemming!

Bespreek nou plek by GuBas de Hoek in Robertson op LekkeSlaap.co.za

Bespreek nou plek by GuBas de Hoek in Robertson op LekkeSlaap.co.za

Robertson:

Robertson is die ideale bestemming aangesien dit diverse opsies bied, van sakpas tot luuks, en jy legio doendinge, soos wyn-, bier- en olyfproe, glanskamp, en besoeke aan wildplase en botaniese tuine hiér kan geniet. Buiten dit sê heelwat besoekers dat hulle as vreemdelinge daar aankom en as vriende vertrek. Volgens Mira Weiner van Hot Oven Marketing, ’n plaaslike bemarkingsagentskap in die Robertson-wynvallei, is dit veral die mense en stories van die vallei wat dit die besoek werd maak. Dis duidelik dat spanwerk en diversiteit die wenresep in dié vallei is.

Na die Wes-Kaap (88% positief) was die Oos-Kaap (79% positief) en Limpopo (76% positief) kort op sy hakke met bestemmings soos Graaff-Reinet en Bela-Bela wat onder die top-10 mees positiewe dorpies geval het!

Graaff-Reinet het nou veel meer as ’n stopplek tussen die binneland en die see geword. Dié dorp het in 2015 opnuut naam gemaak toe die eerste nasionale Instameet laasjaar daar gehou is wat honderde reisbloggers en -fotograwe na die dorp gelok het. Buiten dit het die Giant Flag-projek ook die dorp en die omliggende Vallei van Verlatenheid in die kollig geplaas, so dis g’n wonder die inwoners is opgewonde en positief oor die dorp se toekoms nie. Die dorp het ook ’n hele spul toerismeroetes en geskiedkundige geboue om te verken en staan nie verniet as die Juweel van die Karoo bekend nie.

Bespreek nou by Warthog Lodge in Bela-Bela op Maroela Media

Bespreek nou by Warthog Lodge in Bela-Bela op LekkeSlaap.co.za

Bela-Bela is ’n bosveldbestemming wat die perfekte lafenis vir ’n Gautenger se moeë stadsiel is. Hoewel Bela-Bela net ’n bietjie meer as ’n uur vanaf Gauteng is, voel die betonoerwoud oneindig ver as jy eers hier ontspan het. Daar is talle wildreservate in die omgewing en die warmwaterbronne is natuurlik ’n groot trekpleister. Dis dié ontspanne atmosfeer wat akkommodasie-eienaars laat glo dat Bela-Bela se toekoms as toeristebestemming blink is.

Dis duidelik ’n kaleidoskoop van faktore wat dié paar bestemmings en hul inwoners so positief oor die toekoms van toerisme in elke dorp maak. As jy self wil gaan kyk hoekom hierdie dorpe in die Top-10 beland het, het ons goeie nuus ─ LekkeSlaap.co.za bied blyplekke om van te kies en keur by elke bestemming!

Hierdie artikel is verskaf deur LekkeSlaap.co.za en is opgestel deur Ankia Wolf en Daleen Venter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.