’n Kanadees – gemaak in Suid-Afrika

Martie Kruger

Martie Kruger

[promosie-artikel]

Wanneer jy vir Martie Kruger, ʼn immigrasie-agent in Kanada ontmoet, sal sy trots vir jou vertel: “Ek is ʼn Kanadees… gemaak in Suid-Afrika.” Martie en haar gesin is gelukkig met hulle lewe in Brandon, die tweede grootste stad in Manitoba. Sy en haar man het immers lank gewag om hier uit te kom…

Martie het in die Vrystaatse dorpie Reitz gematrikuleer voordat sy tydens haar BComm-studies in Pretoria haar man, Pieter ontmoet het. Nadat sy haar BComm-graad voltooi het, het sy onderwys studeer. Later het die egpaar en hul twee dogters weer teruggetrek Reitz toe en hulself in dié gemeenskap tuisgemaak.

In 2001 het Martie en haar man egter ʼn groot besluit geneem: hulle trek Kanada toe. Hulle het begin werk aan ʼn immigrasie-aansoek, maar die proses was moeisaam en uitputtend. Met groot teleurstelling is hulle aansoek in 2005 afgekeur.

Martie se moed was egter nie gebreek nie. In 2006 het hulle weer aansoek gedoen, maar hierdie keer het hulle dié pad na Kanada op ʼn ander manier aangepak: saam met ʼn immigrasie-konsultant. Dít is hoe Martie, Pieter en die twee dogters in 2008 by hulle nuwe bestemming in Manitoba uitgekom het.

Foto: Martie Kruger (verskaf aan Maroela Media)

Foto: Martie Kruger (verskaf aan Maroela Media)

In Kanada aangekom het Martie nie stilgesit nie. Sy het eers ʼn kursus in eiendomsontwikkeling gevolg en ʼn eiendomsagent by Century21westman.com geword. Daarna het ʼn kursus in immigrasie-wetgewing gevolg. Vandag is sy self ʼn gereguleerde Kanadese immigrasiekonsultant – en hoe dan anders? Haar eie ervaring as ʼn immigrant het haar geïnspireer om dié beroep te volg. Toe sy in 2016 ʼn vennoot, Lois Henderson kry, was die koeël deur kerk: Kruger Henderson Immigration Services is ʼn werklikheid.

Dit is haar passie om mense te help wat graag in Kanada wil woon. Indien jy in die toekoms Kanada toe wil emigreer, kan jy aanklop by Kruger Henderson Immigration Services. Elke nou en dan is daar nuwe immigrante wat by Martie en Pieter kom kuier. Tussen deur ʼn “BBQ, ʼn Kanadese rye en lekker geselskap” gee hulle raad vir die uitdagings en lewe in dié land.

*Daar word boonop deurgaans seminare in Suid-Afrika gehou vir voornemende emigrante. Klik hier vir die lys van seminare en volg Kruger Henderson Immigration Services op Facebook. Kyk ook gerus by Century 21 Westman.com vir eiendomme wat deur Martie en Maurice geplaas word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.