ʼn Splinternuwe safari-ervaring met dié ses toergidse

Van WiFi aan boord tot geheime piekniekplekke op die agterpaadjies in die Krugerwildtuin.

1 Kruger Wildlife Safaris

Kruger Wildlife Safaris

Kruger Wildlife Safaris toer al langer as 20 jaar lank saam met internasionale gaste na skouspelagtige safari-bestemmings in Suider-Afrika. Hul passie vir die natuur en volhoubare toerisme en deeglikheid maak hulle een van die beste safari-toeroperateurs in die bedryf.

Elke toer van Kruger Wildlife Safaris is ontwerp om ʼn egte safari-ervaring te bied. Pasgemaakte toere vir klein groepe wat die Krugerwildtuin wil besoek is hul spesialiteit.

Kruger Wildlife Safaris bied vier- of vyfdagtoere na privaat wildreservate in die Groter Kruger Nasionale Park. Dié streek bied van die beste wildernisgebiede in Suider-Afrika en deel ʼn grens (sonder enige heinings) met die Krugerwildtuin.

Gaste bly in ultraluukse safarilodges en kan daagliks wildbesigtigingsritte in die privaat reservaat of in die wildtuin onderneem, met ʼn dagtoer van die hoogtepunte op die Panoramaroete.

Opsies sluit in Klaserie, Balule, Guernsey, Thornybush en Makalali- privaat wildreservaat.

Mees gewilde safari: Greater Kruger Luxury Safari Tours
Besoek die webwerf: Kruger Wildlife Safaris

2 Moafrika Tours

Moafrika Tours

Internasionale gaste reis al meer as twee dekades lank saam met Moafrika Tours na bekende bestemmings in Suid-Afrika. Eienaar Anthony Colia lei ʼn dinamiese en entoesiastiese span wat daarna streef om opvoedkundige, bekoorlike en opwindende toere aan te bied.

Dit is een van die beste eendagtoeroperateurs in Suid-Afrika en bied ʼn verskeidenheid besigtigingstoere na plekke soos Soweto, Johannesburg, Kaapstad en die Pilanesberg-natuurreservaat. Moafrika Tours is ook bekend vir sy pasgemaakte langverblyftoere in die Krugerwildtuin, Tuinroete en die Kaapse Wynlande.

Moafrika Tours bied met trots unieke, bekostigbare en opwindende ervarings aan. Een van die gewildste pakkette bied ʼn egte safari-ervaring in ʼn privaat boomhuiskamp aan – reg langs die Krugerwildtuin.

Daaglikse wildbesigtigingstoere in ʼn oop safarivoertuig en begeleide staptoere deur die dag met verruklike aande in die natuur in ʼn asemrowende bosveldomgewing, maak van Moafrika Tours een van die beste opsies wat vir natuurliefhebbers beskikbaar is.

Mees gewilde safari: 3-day Treehouse Kruger National Park Safari Tour
Besoek die webwerf: Moafrika Tours

3 Safaria

Safaria

Safari beteken “om te reis” en met Safaria kan jy seker wees van ʼn persoonlike reiservaring na die beste safaribestemmings in Suid-Afrika. Andrew Wagner staan aan die stuur en word beskou as een van die beste privaatsafarigidse in die land. Safaria is gebaseer in Witrivier in Mpumalanga en spesialiseer in eendag- en kortverblyfsafaritoere na die Krugerwildtuin. Dit is ʼn opwindende en opvoedkundige ervaring waaroor jy nie uitgepraat sal raak nie.

ʼn Ervare safarigids begelei jou tydens die twee dae wat jy die suidelike deel van die Krugerwildtuin verken en jy kan óf by Skukuza óf by Pretoriuskop-ruskamp oorslaap.

Die suidelike deel van die Krugerwildtuin is bekend vir troppe wild, volop voëllewe en besonderse biodiversiteit met ʼn ryk kulturele geskiedenis.

Mees gewilde safari: 2-day Southern Kruger Park Safari Tour
Besoek die webwerf: Safaria

4 Southern Circle Tours & Safaris

Southern Circle Tours & Safaris

Southern Circle Safaris is een van ʼn toenemende aantal gerespekteerde klein safaritoeroperateurs in Suid-Afrika wat bekendheid verwerf het met pasgemaakte en eksklusiewe toere na die beste safaribestemmings in die land.

Eienaars Nic en Beate de Klerk is trots op die unieke safari-ervarings wat hulle bied om die Afrika-wildernis op sy beste uit te stal. Hul uitsonderlike gidse is elkeen ʼn spesialis op sy vakgebied met kundigheid in spoorsny, voëlkyk en fotografie.

Die vyfdagtoer is die perfekte “safari-natuurskoon-stad”-kombinasie wat ʼn vlugtige toer van die mooie noordelike deel van Suid-Afrika bied. Die toer begin met ʼn safaritoer van die Krugerwildtuin, gevolg deur ʼn toer van die skilderagtige hoogtepunte op die Panoramaroete en die magiese Magoebaskloof in die Waterberg. Die toer eindig met ʼn fassinerende toer van geskiedkundige persele in Pretoria.

Gaste bly in bekostigbare akkommodasie wat strek van die geskiedkundige Krugerwildtuin-rondawels tot ʼn knus en gesellige gastehuis en safaritentkampe in ʼn privaat natuurreservaat.

Mees gewilde safari: 5-day Kruger Park Safari and Vistas Explorer
Besoek die webwerf: Southern Circle Tours & Safaris

5 Tydon African Safaris

Tydon African Safaris

Tydon African Safaris is ʼn hegte familieonderneming en dit bring geselligheid en persoonlikheid na die ervaring. Gavin en Vangie van der Merwe het meer as 20 jaar ervaring in die gasvryheidsbedryf en vermaak en deel graag hul passie vir die buitelewe en kampering met hul gaste.

Jy sal in een van hul privaat safaritentkampe bly wat in of reg langs die wêreldbekende Sabi Sands in die Groter Krugerwildtuin geleë is.

Spandeer ʼn verruklike week om die afgeleë wildernisgebiede in Sabi Sands en die Krugerwildtuin te verken. Sabi Sands is bekend vir ongelooflike luiperdbesigtigings en die Krugerwildtuin vir sy voortreflike biodiversiteit.

Daaglikse wildbesigtigingstoere, begeleide staptoere en dagtoere na nabygeleë bestemmings soos die Panoramaroete met aande om ʼn kampvuur en aandete-onder-die-sterre maak dit een van Tydon se gewildste safaripakkette.

Mees gewilde safari: 7-day Kruger Park & Sabi Sands Safari Tour
Besoek die webwerf: Tydon African Safaris

6 Kruger Bookings

Kruger Bookings

Kruger Bookings is een van die wêreld se beste boetiekreisoperateurs wat slegs in bekroonde luukse lodges en safari’s in die Groter Krugerwildtuin spesialiseer.

Kruger Bookings het die afgelope 20 jaar in een van Afrika se beste safari-spesialiste ontwikkel. Die maatskappy bied ʼn wêreldgehalte diens met die beste safari-ervarings. Of jy nou belangstel in ʼn luukse bederfwegbreek of ʼn unieke volledig-begeleide safari, sal Kruger Bookings seker maak jy het ʼn onvergeetlike ervaring.

Mees gewilde safari: Royal Malewane Lodge
Besoek die webwerf: Kruger Bookings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.