Nou kan jy die Titanic van naby bekyk

Foto: bluemarbleprivate.com

Foto: bluemarbleprivate.com

ʼn Duiktoer op die Titanic sal van Mei 2018 beskikbaar wees vir die rykste van die rykes. Die toer, wat deur Blue Marble Private gereël word, is ʼn 8 dag-toer wat net vir 9 avontuurlustiges op ʼn slag beskore is.

Dié gesogte toer sal jou ongeveer $100 000 uit die sak jaag en begin in Newfoundland in Kanada. ʼn Tuig wat uit titanium en veselglas gemaak is en dieptes van 4 000 m kan bereik, sal die nege passasiers na die Titanic vervoer. Drie dae sal beskikbaar wees vir duik.

Die duik na onder sal ongeveer 90 minute duur en die toer van die Titanic, wat 269 meter lank is, ongeveer 3 ure. Tydens die toer sal verskeie dele van die skip bekyk word, asook die gebied rondom die skip, waar talle artefakte lê.

Die Titanic het op 15 April 1912 in die Atlantiese Oseaan gesink, ongeveer 600 km suid van Newfoundland in Kanada op pad na New York van Southampton in Engeland.

Volgens die stigter van Blue Marble Private, is toere vir 2018 reeds vol bespreek en toere vir 2019 word reeds beplan.

As jy nou begin spaar, sal jy reg wees vir 2019 se duik…

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jakalas ·

Ek spandeer al 10 jaar aan dié skip se geskidenis en ek het geen begeerte om haar te gaan sien nie. Ek wil haar onthou vir wat sy was, nie oor hoe sy nou lyk nie. Die bedrag is belaglik om die minste te sê. Ek hoop net hulle doen geen skade aan haar nie. Sy het juis nie baie tyd oor nie.

Kas ·

Ek sal nie diposito oorbetaal nie, hulle het n swak website en lyk soos n skam, ek vertrou nie die maatskappy nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.