Nuwe regulasies vir SA reisigers wat die grens wil oorsteek

reisregulasies

Foto: Pixabay.com

Nuwe regulasies, wat sal verhoed dat voertuie sonder die regte dokumentasie die grens sal oorsteek, is so pas deur die polisie ingestel. Enige voertuig met Suid-Afrikaanse nommerplate, moet gesertifiseerde dokumente hê wat eienaarskap bewys. Die dokumente sluit die volgende in: ʼn gesertifiseerde afskrif van die voertuig se registrasie-/ lisensiedokumente wat by die grenspos getoon moet word. Saam met hierdie dokumente, moet daar ook ʼn brief van die bank wees wat magtiging gee om die voertuig oor die grens te neem – reisdatums moet ook in dié dokument aangedui word. Beide die brief van die bank en die voertuig se dokumente moet deur ‘n kommissaris van ede geteken wees.

Indien die bestuurder van die voertuig nie die eienaar is nie, moet ʼn beëdigde verklaring van  die eienaar of finansiële instansie by die polisiekantoor afgelê word om die voertuig oor die grens te neem. Indien die voertuig gehuur is, moet die bestuurder ʼn brief van die huurmaatskappy hê wat toestemming gee om die voertuig landuit te vat.

SA reisigers word aanbeveel om die AA te raadpleeg oor die jongste grensregulasies.

Die polisie het onderneem om môre terugvoer te gee op verskeie vrae. ʼn Opvolg artikel sal gepubliseer word sodra verdere inligting bekend is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Theresa ·

Dit sou werklik fantasties gewees het as al die outjies wat so instroom hierheen, ook al die nodige dokumentasie – wettig en gechap – kon toon voor intree hierheen…

Henk Celliers ·

Dit word al hoe moeilikker vir die eerlike landsburger in SA,wapenlisensies,voertuig lisensies ens,ens.Ek het nog nooit ennigge bank iets geskuld nie,waarom nou n brief van die bank,om wat te sê?

MM ·

Dit was nog altyd so sover ek weet, want ek moes ook ‘n brief van die bank kry met al die nodige dokumente om oor die grens te gaan asook van my werkgewer, want dit was ‘n demo gewees.

Henk as jou voertuig gefinansier is dan moet jy ‘n brief van die bank kry. Dit is hulle voertuig en nie joune nie. Jy moet hulle 1 week vooraf in kennis stel sodat die regte dokumente aan jou gegee kan word.
Ons moet soms baie vining ‘n voertuig registreer sodat die voertuig oor die grens kan gaan, want jy mag nie met ‘n tydelike permit oor die grens gaan nie.

redge Ferreira ·

Ek het Namibia met tydelike permitte en al die nodige dokumentasies besoek . Hulle was baie vriendelik en het my min gepla. (Ek kon egter eienaarsskap bewys.

Derek Meyer ·

Interessant, maar my voeruig is my eie. Afbetaal. Ek skuld g’n bank enige geld vir die voertuig waarmee ek gereeld die land verlaat het nie. Hoe nou gemaak?

Ounooi ·

Derek Meyer as jou voertuig afbetaal is, is reg dokument in jou naam. As dit op huurkoop is, is
reg dokument in bank se besit en in bank se naam. Dus het jy net jou registrasie dokument nodig as jou voertuig klaar betaal is.

JO ·

Dis nou vir voertuie met SA nommerplate – als klink goed – maar wat van die ‘bestelde’ voertuie – die papiere en nommerplate word in n buurland vervals, hulle kom SA toe, steel n voertuig wat d beskrywing pas en whalla! Nee hoor, ek stem – hulle maak dit net moeiliker vir die eerbare toeriste.

Stephanus Scheepers ·

Dit is eintlik al lankal die reel, net nooit by alle grensposte toegepas nie.

Gert van Zyl ·

Al wat verander het is om die dokumente te laat waarmerk. Die brief van die bank (as die voertuig onder finasiering is) en registrasie dokumente is al ‘n geruime tyd deel van die oorgrens vereistes. Kry net vinnig die stempels en handtekeninge op die dokumente wat jy inelkgeval saam met jou sou ry.. nie veel meer moeite

Johan 2 ·

So al wat Mr.Skelm nou moet doen is nog twee dokumente vervals…”goeie werk” SAP, dokumente gaan jul probleme oplos…net soos dokumente die vaalende onderwys stelsel red….patetiese goed dink net nog papiere uit wat ons moet uitneem.

Johan 2 ·

O en nog iets…as hul nou jou kar steel het hul al die dokumente, baie slim uitgedink SAP.

Andre ·

Johan2 alles goed en wel maar hoe sal iemand vir jou n antwoord kan gee maak dit vir jou moeilik om met n voertuig te verdwyn en maklik vir die skelm

Ina van Rooyen ·

Geld dit vir voertuie wat duer Swaziland reis ook? Dankie!

ALI ·

DUH……………………….DIS AL BAIE LANK DIE VEREISTSES…………..DIS NET DAT DIT NIE TOEGEPAS WORD BY GEEN GRENSPOS NIE…..ONS WAS MOSAMBIEK, BOTSWANA EN NAMIBIE TOE, EN BY GEEN EEN VAN DIE GRENSPOSTE IS DIE DOKUMENTE AANGEVRA NIE……….MAAR DIS TIPIES VAN DIE SA POLISIE DIENSTE………….DIS MAKLIK, DOEN NET JULLE WERK WAARVOOR JULLE BETAAL WORD

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.