Onder Afrika se son: ʼn Storiebus deur Namakwaland met Anna Davel

Foto: Johann Ebersohn

Hier onder Afrika se son is jou plekkie leeg en wag ek dat jy huis toe kom…

Namakwaland is ʼn skatkis vol geskiedenis en stories en wêreldbekend vir die tapyt van blomme wat jaarliks hul opwagting maak in dié distrik. Duisende toeriste word jaarliks hierheen gelok waar die wonderwerk slegs vir ʼn kort rukkie sy verskyning maak.

Meer as 5 000 verskillende spesies blomme lê onder dié grond en wag vir die winterreën om lewe te bring.

Maroela Media en Anna Davel wil dié Augustus saam met ons lesers op ʼn bus klim om die skouspel te sien, maar ons is ook op ʼn avontuurjag – ons gaan die landskap platry op soek na die mooiste stories!

Op hierdie storiebus gaan jy saam met Maroela Media, Anna Davel en ander kan kuier en ons gaan lekker lag en lekker huil vir al die stories van die Namakwalanders. Hier in Namakwaland is die kuns van storievertel nog lank nie vergete nie.

Ons nooi jou saam op dié avontuur – dis beslis iets wat jy nie kan misloop nie!

Maroela Media se storiebus ry van 7 tot 11 Augustus van plek tot plek om bedags die skouspel blomme te kyk en in die aande die lekkerste stories vertel!

Anna Davel (Foto verskaf)

Terwyl die inwoners saam met ons kuier en stories uitruil, gaan ons die stories inkleur met note en harmonie. Liedjies is mos ook stories. Anna Davel is ʼn bekroonde sangeres en liedjieskrywer wat hou daarvan om stories met musiek in te kleur, en graag musiek skryf vir teaterproduksies en kunstefeeste. Al het sy al verskeie lande, onder andere Finland, Portugal en China besoek, is só ʼn Namakwalandse toer ook ʼn eerste vir haar.

Jy kan uitsien na gesellige aande vol sang en musiek, stories en nostalgie… ons bring selfs storievertellers vanuit die kontrei om saam te kom gesels en ons verseker dat jy gaan lag tot jou tande droog is.

Ons nooi jou saam: Maroela Media se Storiebus-toer deur Namakwaland vind plaas vanaf 7 tot 11 Augustus. Pryse vir die toer is slegs R10 000 per persoon wat deel en R12 000 vir ʼn enkelkamer. Vul die vorm hier onder in vir meer inligting en om die volledige toerprogram te ontvang – ons kontak jou gou!

“ek skink ʼn glasie rooiwyn
ek maak solank ʼn vuur
ek dek die tafel plek-vir-plek
ons moet die liefde vier…”

Ek stel belang!

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.