Pasop hiervoor wanneer jy reis

Foto: the-travel-masters.com

Foto: the-travel-masters.com

Die lekkerste van reis is om nuwe kulture te ontdek en mense se manier van doen te leer ken. Maar daar is sekere gebare wat nie vergewe sal word nie, al is jy ʼn onskuldige toeris. Volgens Reader’s Digest moet jy die volgende vermy as jy oorsee reis:

Japan: Moenie ʼn fooitjie los nie.

Dit word as ʼn vernedering beskou.

Rusland: Moenie vir vreemdelinge glimlag nie.

Dit word as ʼn intieme gebaar beskou tussen mense wat vir mekaar omgee. Jy kan moontlik as skelm beskou word.

Indië: Moenie jou linkerhand gebruik nie.

Die linkerhand word as onrein beskou. Gebruik jou regterhand om iemand te groet, om geld te ruil of om iets op te tel.

China: Moenie jou bord leeg eet nie.

Los ʼn klein porsie kos in jou bord, dit wys dat jy genoeg geëet het.

Noorweë: Moenie toet nie.

Dit word slegs in noodgevalle gebruik.

Frankryk: Moenie vergeet om te groet nie.

“Bonjour madame, monsieur” moet jou eerste woorde wees voordat jy ʼn gesprek begin. Dit wys dat jy die persoon respekteer.

Duitsland: Moenie met iemand gesels met jou hande in jou sakke nie.

Dit word as ‘n onbeskofte gebaar beskou.

Lees maar deeglik oor tradisies en gebare voordat jy ʼn land besoek, dit sal jou ondervinding net soveel verbreed.

Besoek gerus Reader’s Digest se webblad.

Bron: http://www.rd.com/slideshows/rude-behavior-other-countries/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.