Prentjiemooi Paternoster

Paternoster Foto: Paternoster Rentals

Paternoster het as ʼn unieke, karaktervolle vissersdorpie langs die Weskus ontstaan, intussen het nie veel verander nie…

Vroegoggende sien jy die vissersbote uitgaan visveld toe op soek na die daaglikse vangs. Laatmiddag, omring deur die skril geskreeu van honderde seemeeue, kom hierdie soldate terug met hulle vangste van veral kreef en snoek. Laas toe ek getel het, was daar 14 eetplekke in hierdie betowerende dorpie. Gaste geniet die oorspronklike, unieke Afrikaans en geskerts van hierdie trotse inwoners wat ook as kelnerinne werk.

Paternoster is 150 km uit Kaapstad uit. Dis ʼn reguit pad. Net voor dit daai bietjie té ver voel, draai ʼn mens links Vredenburg toe, en dan is dit die pragtige agterpad op pad na Paternoster waar die draai na die see jou sommer so laat snak na asem omdat dit so ongelooflik mooi is.

Een van die selfsorgplekkies in ons klein dorpie is Khayanoster, ʼn troeteldiervriendelik, tweeslaapkamer-, tweebadkamer-huis met ʼn onthaalarea en ʼn stapelbed vir die kinders.  Hierdie huis is ʼn klipgooi van die see af. Jy sit op jou stoep en kyk hoe die wêreld verbygaan.

Paternoster Foto: Paternoster Rentals

Bietjie verder af, maar nog steeds binne loopafstand van die eetplekke en die see, is Habibi met sy onberispelike dekor, waar die eienaars aan elke liewe gerief moontlik gedink het om jou verblyf net soveel makliker te maak. Geniet luilekker oomblikke in die winterson op die hangmat.

Binne stapafstand van die see, in een van die doodloopstrate, is SeaShells geleë, ʼn bekoorlike huisie met drie slaapkamers en drie badkamers. Asemrowende uitsigte kan op die boonste dek, waar die braai is, geniet word. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg, daar is ʼn tafel met sitplek vir agt persone en ʼn ingeboude kaggel.

Paternoster se winters is matig en alles is omring met ʼn sagtheid wat jou laat voel asof jy in die middel van ʼn impressionistiese skildery is.

Die meerderheid van die huise in Paternoster kom met ʼn binnenshuise braai en kaggel.  Absoluut perfek vir daardie rooiwyn-wintersaande.

Besoek gerus ons webwerf vir meer inligting oor die meer as 60 huise wat deur Paternoster Rentals bestuur word. Gebruik “groen seisoen” en kom in aanmerking vir ons wintersafslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.