[Promosie] Dié gastehuis ʼn tuiste vir jou in Potchefstroom

Anne’s Place in Potchefstroom, Noordwes

Die gastehuis, Anne’s Place, in Potchefstroom, Noordwes, is inderdaad ʼn tuiste vir jou weg van jou huis.

Die gastehuis is vernoem na die bestuurder se ma, Anne Jacobs. “Anne” is ʼn Hebreeuse naam wat “guns” of “genade” beteken.

Gaste word bederf met luukse akkommodasie en enigiets wat hulle nodig het om hul verblyf gemaklik en onvergeetlik te maak. “Ons gaste word deel van ons familie en ons streef daarna om vir hulle werklik ʼn tuiste te skep weg van hul eie huis.”

Die gastehuis, met sy vierstergradering, het in September 2010 sy deure oopgemaak tydens die Aardklop-fees. Renet het haar ma se huis omskep met behulp van ʼn vriendin, Annelise van Decoture, om ʼn moderne gastehuis te vestig. Die gastehuis het oorspronklik twee kamers gehad, maar weens toenemende belangstelling, is die “Duplex Family Suite”, “Luxury Family Room”, die “Twin Room” en ook “The Annexe” bygevoeg.

Sedert die ontstaan van die gastehuis, is Anne’s Place elke jaar provinsiale wenners in die kategorie 4 Star Self catering Exclusive Accommodation tydens die Lilizella-toekennings. Die gastehuis is verlede jaar as die nasionale wenners in dié kategorie aangewys. Dit is ʼn spesiale toekenning wat slegs vir gegradeerde gastehuise aangebied word.

Die gastehuis het ʼn lowerryke tuin en is geleë in ʼn stil straat – ideaal vir ʼn draf vroegoggend of ʼn stappie in die laatmiddag.

“Anne’s Place is ʼn lieflike, vreedsame plek waar jy kan ontspan en ʼn unieke ervaring sal hê. Die gastehuis is geleë in ʼn veilige gebied en bied ook veilige parkering vir gaste.” Dit is boonop naby aan die Noordwes-Universiteit, twee hospitale, die Mooirivier Mall, verskeie restaurante en is dus ideaal vir reisigers of reisende sakemense.

Alle eenhede het DStv en lugversorgers met toegang tot die tuin, swembad, lapa met braaigeriewe en selfs ʼn trampolien.

Besoek die webwerf: Anne’s Place
Skakel 082 335 1295
Stuur ‘n e-pos aan [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.