Somerpret in die Paarl en Wellington

Wellington (Foto verskaf)

Kuier jy in die Kaap vir jou somervakansie of ry jy met Jan Tuisbly se karretjie? Somer is die perfekte seisoen om die pragtige Boland-dorpe Paarl en Wellington te verken! Hierdie prentjiemooi landelike streek is binne ʼn uur se ry uit Kaapstad en is die ideale somerbestemming met ʼn rustige atmosfeer, asemrowende natuurskoon, fantastiese kos en wyn sowel as pretaktiwiteite vir die hele familie.

Met die aanbreek van somer is dit tyd om die buitelewe te omhels en die natuurprag van die Kaapse wynlande te ervaar. Geniet buitelugpieknieks, aktiwiteite en vertonings om onvergeetlike vakansieherinneringe te skep. As jy bietjie meer aktief wil wees, is daar verskeie gholfbane, bergfiets- en staproetes, kanovaartritte, 4×4-motorfietsbane, perdry, visvang en selfs krokodilhokduik op die aktiwiteitslys.

Die Winelands Meander is ʼn gerieflike manier om die area te verken met ʼn keuse van verskillende roetes, wat verskillende toerisme-aantreklikhede en doendinge uitlig. Elke dorp het sy eie kultuurroete om die ryk geskiedenis van die streek uit te lig, sowel as ʼn kos- en wynroete om die opwindende kulinêre aanbiedinge en bekroonde wyne van die area te beklemtoon. Albei dorpe is baie kindervriendelik en die meeste plekke maak spesiaal voorsiening vir die jongspan met vindingryke kinderspyskaarte, heerlike speelplekke en aktiwiteite.

Vir meer inligting, besoek www.paarlonline.com of www.wellington.co.za of loer in by die onderskeie toerismekantore. Bly op hoogte van al die aktiwiteite wat plaasvind op Facebook by @visitpaarl of @visitwellingtonZA. Om maklik by al die plekke uit te kom, laai die app @VisitPaarl en @VisitWellington op jou slimfoon af.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.